Toni Kelly, wat vanjaar na Londen verhuis het, is ’n week ná haar grusame ongeluk dood nadat sy ernstige breinskade opgedoen het.

A post shared by TONI KELLY ??? (@tonzkelly) on

Volgens die NZ Herald meen haar vriende sy het by ’n venster op die tweede verdieping uitgeval toe sy ’n foto van haarself probeer neem het, maar haar familie en Britse beamptes het dit nog nie bevestig nie.  

Haar verslae vriende het ’n Givealittle-blad opgestel om Toni se ouers te help om haar lyk huis toe te vlieg – die bladsy het reeds meer as NZ$37 000 (sowat R360 000) ingesamel. 

Toni se familie het ook haar organe geskenk om “ander lewens in Brittanje te help red”.

A post shared by TONI KELLY ??? (@tonzkelly) on

Een van haar beste vriende op laerskool, Paige Houriga, het aan Daily Mail gesê die blonde skoonheid het altyd geglimlag en was “die prettigste” mens om mee saam te wees.

holahola lilbitch ????

A post shared by TONI KELLY ??? (@tonzkelly) on

“Toe ons jonk was, was Toni een van daardie mense wat nooit iets slegs oor iemand te sê gehad het nie; sy was baie meisierig, ontspanne en prettig, waarvan ek gehou het,” sê Paige. 

“Ek onthou ons het net die heeltyd saam met haar gelag en gegiggel oor niks nie. Sy was ’n pragtige meisie wat beslis altyd onthou sal word – veral vir daardie glimlag.” 

A post shared by TONI KELLY ??? (@tonzkelly) on

Toni se gebroke suster, Stacey, het die vriende op Facebook bedank wat die blad opgestel het om haar suster by die huis te kry. 

“Ek wil julle net uit die diepte van my hart bedank vir die eindelose steun,” het Stacey geskryf. 

“Baie dankie ook aan die meisies wat daaraan gedink en die pragtige blad vir ons babameisie geskep het. 

“Ons is sprakeloos.”

Bronne: nzherald.co.nz, dailymail.co.uk, news.com.au, thesun.co.uk