Die persoonlike afrigter Nina Hoffler (29), van Phoenix in die Amerikaanse deelstaat Arizona, het haar man, Michael Hoffler (30), in Oktober 2006 deur vriende by ’n kitskosrestaurant ontmoet toe hulle tieners van 16 en 17 was. 

Sy aantreklike voorkoms en sterk houding het hom ongelooflik geheimsinnig gemaak en dit het Nina se hart gesteel.

persoonlike afrigter
Foto: Media Drum World/MagazineFeautures.co.za

Een van hul vriende het verduidelik hy sou waarskynlik binnekort tronk toe gaan op aanklag van aanranding en Nina het vir hom gesê sy sou vir hom skryf terwyl hy sy straf uitdien.

In Desember 2006 was Michael by ’n gewapende rooftog in Noord-Kalifornië betrokke wat daartoe gelei het dat hy later 23 jaar tronkstraf opgelê is. Plaaslik het Michael se storie vinnig op die voorblaaie van koerante versprei.

Nina en Michael
Foto: Media Drum World/MagazineFeautures.co.za

En al was hy die jongste van die groep, het hy die swaarste straf gekry omdat hy as ’n volwassene verhoor is. Nina was vasbeslote om haar belofte gestand te doen en het vir hom ’n brief geskryf.

In die eerste drie jaar van sy vonnis het hul verhouding geblom. Nina het geweet sy was verlief, en al het sy die veroordeling van ander gevrees, het sy aangehou om elke dag vir hom ’n brief te skryf.  

Nina en Michael
Foto: Media Drum World/MagazineFeautures.co.za

Dit was eers in 2012 wat hulle tydens hul eerste persoonlike tronkbesoek mekaar die eerste keer gesoen het.

Daarna het hulle nog hegter geraak en Nina het gereelder by Michael gaan kuier. 

Nina en Michael
Foto: Media Drum World/MagazineFeautures.co.za

Michael het Nina op 4 Junie 2016 die jawoord gevra en die twee het op 6 Januarie 2017 in die Ironwood-staatstronk afgehaak.