Foto: Facebook
Foto: Facebook

Halima Cisse (25) het toe deur middel van ’n keisersnee die lewe geskenk aan nege kleingoed, vyf dogtertjies en vier seuntjies. 

Toe dokters aanvanklik bekend gemaak het dat Halima swanger is met ’n seweling, het die nuus selfs die president van Mali, Bah Ndaw, aangegryp.

Dié het besluit dat Halima na Marokko gevlieg moes word sodat sy beter mediese sorg kon ontvang. Dokters in Mali en Marokko het babas nommer agt en nege op skanderings misgekyk. 

Vier van die nege babas waaraan Halima geboorte ge
Vier van die nege babas waaraan Halima die lewe geskenk het. Foto: Facebook

Rachid Koudhari, woordvoerder van Marokko se gesondheidsdepartement, het egter aan AFP gesê daar is geen rekord van so ’n meervoudige geboorte in enige van die land se hospitale nie. 

In ’n verklaring het Fanta Siby, Mali se minister van gesondheid, gesê dat dit goed gaan met ma en kinders. 

“Hulle sal oor ’n paar weke terugkeer Mali toe. Baie geluk aan die mediese personeel van Mali en Marokko, wie se professionalisme die fondasie is van hierdie swangerskap se gelukkige einde,” het sy gesê. 

Halima by van die mediese personeel wat na haar om
Halima by van die mediese personeel wat na haar omsien. Foto: Facebook

Dokters was aanvanklik bekommerd oor Halima se gesondheid en die babas se kans op oorlewing. 

Die geboorte van negelinge is uiters raar en in sommige gevalle sterf baie van die babas. 

Halima en die babas is tans nog in Marokko in die
Halima en die babas is tans nog in Marokko in die hospitaal. Foto: Facebook
  • Die eerste negeling van wie daar rekord is, vyf seuns en vier dogters, is op 13 Junie 1971 in Canberra, Australië gebore.  Twee van Geraldine en Leonard Brodrick se seuns is doodgebore, en die ander babas is in die week ná hul geboorte oorlede. 
  • Op 26 Maart 1999 het Zurina Mat Saad in Maleisië ook die lewe geskenk aan vyf seuns en vier dogters, maar nie een van die babas het langer as ses ure geleef nie.

Bronne: Daily Mail, The Guardian, The New York Times, Anadolu Agency, Facebook

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe