“Floreer eerder as net oorleef,” is Marina Danielle Ivie (37) se lewensleuse. Sy vier haar 16de “oorlewingsdag” nadat sy ná ’n verwoestende ongeluk haar regterbeen verloor het, maar haar lewe behou het.

In Augustus 2001 het sy ’n motorongeluk oorleef in Salt Lake, Utah. Sy het die oorsaak van die daardie verskriklike ongeluk geblokkeer. Sy weet net op die aand van 24 Augustus het haar vriend, saam met wie sy gery het, se motor die reling langs die pad getref en haar been is op die toneel geamputeer. 

Paramedici moes 'n driekwartier swoeg om haar uit die wrak te kry. En dit was ’n wonderwerk dat sy geleef het, want die hoofslaggaar kan binne ongeveer drie minute uitbloei.

Marina is ná twee weke ontslaan danksy haar vasbeslotenheid om meer te doen as wat die arbeidsterapeute gevra het. Sy het met die dokter onderhandel oor ’n datum wanneer hulle haar sou ontslaan: sodra sy haarself kon omrol, kon sy huis toe gaan. Marina se krag en harde werk is ná net 'n week in intensiewe sorg en nog een in rehabilitasie beloon.

Nadat sy haar eerste Un-Limb-ited Amputee-kamp by Shriners Hospitals bygewoon het, het Marina geleer om met slegs een been te ski. Die ervaring het haar hoop gegee om nog baie ander dinge aan te pak en ander soos sy te motiveer. Marina woon elke jaar, vanaf 21, dié kamp as vrywillige portuurberader by.

“My een gedagte was: ‘Hoe gaan ek in hierdie hospitaalbed omrol sodat ek huis toe kan gaan?’ Op die nag van 24 Augustus 2001 het my laaste nag van vryheid voor my eerste jaar begin,” skryf sy in haar blog. “Alles het verander toe my vriend se motor daardie reling tref,” onthou sy verder.

“Hoewel my liggaam swak was en daar buise oral was, was my gedagtes nog baie helder. Ek het myself net heeltyd daaraan herinner om vas te byt . . .

“Selfs nadat ek uit die hospitaal ontslaan is, was die stryd nie verby nie. My linkerknie is erg beseer, wat talle operasies met die jaar geverg het. ’n Paar jaar gelede moes nog ’n gedeelte van my been geamputeer word. Dit het dit nie net moeiliker gemaak om ’n prostese te dra nie, maar dit sou ook baie duurder wees om een te bou wat op die stompie pas.

“Ek kon dit daarom nie bekostig nie en het my kunsbeen geskenk aan 'n verpleegster wat nie vir een in aanmerking kon kom nie. Die vreugde om hierdie geskenk aan iemand anders te gee, was groter as die geluk wat ek op enige dag ervaar het toe ek dit self kon dra.

“Mense vertel my dikwels hoe trots hulle op my is oor my keuse om sterk te bly. Maar in my gedagtes was dit al keuse, want vir my is mislukking nie 'n opsie nie. Al wat jy kan doen, is om op te staan en die beste te doen wat jy kan.

“Die dag toe ek die hospitaal verlaat, het ek 'n belofte aan myself gemaak om nooit moed op te gee nie en altyd voluit te leef. 'n Paar maande later het ek die Paralimpiese fakkel gedra, en 'n jaar later het ek myself leer hardloop. Ek het ek nooit teruggekyk nie.

“Ek kan dalk nie alles doen soos almal anders nie, maar nogtans vind ek altyd ’n manier om dit te doen. In Junie 2012, ná drie jaar se vrugbaarheidsbehandelings, is ek geseën met 'n pragtige babaseuntjie, wat ek Jayson genoem het. Ek was oorweldig met geluk, maar met die vreugde het ook vrees gekom.

“Hoe op aarde gaan ek vir hierdie kind kan sorg? Daardie vrees het selfs meer werklik geword toe ek net ses maande later geskei het en hom heeltemal op my moes versorg. Ek het dit reggekry; ook nuwe maniere gevind om hom te dra, maar hoe meer onafhanklik hy geword het, hoe moeiliker was dit vir my om by te hou.

“In Februarie 2013 het my lewe weer ingrypend verander toe ek die Executive Assistent Organization (EAO) se Behind Every Leader-geleentheid bywoon. Ek het vinnig geheg geraak aan die stigter, Victoria Rabin, en haar span.

“Op die konferensie het ’n lieflike vrou met die naam van Alisson Frew dit gewaag om my te vra hoekom ek nie ’n prostese dra nie. My kort en eenvoudige antwoord was: ‘Ek het nie $60 000 (toe sowat R580 000) nie. Het jy?’

“Die volgende oggend was ek in trane toe ek uitvind dat Alisson met Jeff Hoffman, stigter van Priceline en mentor van GiveForward.com, en ’n dosyn ander mense gepraat het, om my te help om ’n protes te kry wat pas . . . Van die eerste tree af was dit vir my duidelik hoeveel dit vir my sou beteken.

"Ek die een dag besef ek maak ’n lewe, maar ek leef dit nie. Ek het hierdie pragtige geskenk gekry endeel dit met niemand nie."

“’n Paar dae nadat ek die been gekry het, het ek my seun in my arms toegevou  en ons eerste van baie danssessies ervaar. Hierdie skynbaar eenvoudige oomblik is vir altyd in my hart ingegraveer en sal een van die mees aandoenlike en onvergeetlike ervarings van my lewe bly.

"'n Jaar lank het ek aan die been gewoond geraak en by die alledaagse lewe aangepas, tot ek die een dag besef het, ek voer 'n bestaan, maar leef nie my lewe nie. Ek het hierdie pragtige geskenk gekry en deel dit met niemand nie.

“Ná omtrent 13 jaar van glo dat ek vol selfvertroue is, het ’n onbekende gevoel oor my gekom. Vir die eerste keer in my lewe was ek nie net selfversekerd nie, maar ook bemagtig! Ek het daarna gesmag om diegene om my ook te help om hierdie ongelooflike gevoel te ervaar.

“In April 2014 het ek begin met modelwerk. My droom is dat ’n meisie my eendag op ’n plakkaat in haar gunstelingklerewinkel sal sien en sê: ‘Sjoe, sy is mooi en sy het net een been. Ek kan dit ook eendag doen, al het ek 'n gestremdheid.’

"My droom is eenvoudig: inspireer elke man, vrou en kind om te weet en te glo dat hulle mooi is; net soos hulle is. In November 2014 het ek terugkeer na die Behind Every Leader-konferensie; hierdie keer as ’n spreker.

“Dit is so ’n eer om deel te wees van so ’n ongelooflike organisasie. Hoe gepas was dit dat ek die voorreg gehad het om op dieselfde geleentheid te praat wat my lewe verander het!”