Die voorval is op sosiale media gedeel deur die internetgebruiker Yajaira, wat haar oorlede oupa se plaashuis in die gemeenskap van Labor de Guadalupe in Mexiko op Google gaan soek het.

Yajaira, wat in Noord-Carolina in Amerika woon, sê haar geliefde oupa is 'n paar jaar gelede oorlede en sy het nooit kans gekry om hom te groet nie.

In die beeldmateriaal, wat op Twitter gedeel is, gebruik sy Google Street View om haar weg langs grondpaaie te vind voor sy 'n buitehuis bereik waar 'n bejaarde man in die skadu buitekant die voordeur sit.

“Ons het gister uitgevind Google het deur sy plaas gery en was nuuskierig om dit te sien, en soos ons daardeur gegaan het, het my oupa gesit daar waar die pad eindig.”

Die video het reeds 4,1 miljoen trefslae op Twitter bereik. En dit het ander internetgebruikers aangemoedig om video’s en skermfoto’s te deel van wyle geliefdes wat voor hul dood op Google Maps vasgevang is.

“My oupagrootjie is verlede maand oorlede, presies een jaar nadat ons oumagrootjie ons verlaat het,” het een Twitter-gebruiker gesê.

“Om hom in die rigting van ons ou huis te sien stap, bring soveel herinneringe uit my kinderjare terug.”

“Dieselfde met my oupa. Ons kan hom sien ontspan buite ons huis in Mexiko. Elke keer as ek hom mis, gaan ek terug om dit te vind,” het nog een laat hoor.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.