Kate Elder (née Cunningham) het verlede jaar met ’n vlierboom in Sefton, Merseyside, in Engeland getrou en haar naam wettig laat verander. Die ma van twee sê sy is meer verlief as ooit en het geen planne om haar ware liefde te laat vaar nie, berig Mirror.

Kate (38) het die herdenking met vriende en vlierbessie-sjampanje gevier.

Die voormalige onderwys-assistent besoek die Rimrose Valley Country Park ’n paar keer per week.

Die vreemde troue was vir ’n goeie doel – dis deel van ’n veldtog om planne te keer vir ’n dubbelpad wat deur die park gebou sal word, en wat inwoners sê verkeersverwante geraas en besoedeling sal veroorsaak.

Well, what a weekend!... And what a team of true warriors to ensure ‘our ceremony’ and the Rimrose Valley campaign gets...

Posted by Kate Rose Elder Fuller on Sunday, September 8, 2019

Kate, wat ook ’n kêrel het, sê die huwelik het haar selfvertroue versterk. “Ek gee nie om wat enigeen sê nie. Om met die boom te trou het vir my ’n nuwe doel gegee. Bome sal altyd eerste kom.

Hulle hou ons immers lewend. “Ten spyte daarvan dat dit ietwat van ’n verleentheid vir my 15-jarige kind is, sien hy die groter prentjie en verstaan waaroor dit gaan.”

Dosyne vriende het die troue bygewoon en die plaaslike musikant en digter Davy Edge het die diens behartig. Mexikaanse aktiviste het al soortgelyke seremonies gehou om teen onwettige houtkappery en ontbossing in hul land te betoog. 

Bronne: Mirror, The Sun, Daily Star