Hulle is nie net wonderlike drafmaats of snoesige troetelmaatjies in daai koue winternagte nie; nou kan jy en jou beste viervoetige vriendin ook saam jul naels laat versorg!
’n Twitter-gebruiker het onlangs ’n kiekie gedeel van haar pers naels met blinkertjies langs haar slapende kat se pote, waarvan die naels identies versier is.
Haar byskrif by die foto het gelui “BFFs” en die internet het wild geraak met antwoorde.
Bffs pic.twitter.com/aa7eCQbxVX
— cristi cupcake ?? (@cristimari_) June 24, 2017
Ander gebruikers het vinnig gereageer met foto’s van hulle en hul hond of kat, en die naels is ook eenders versorg.
Same pic.twitter.com/pPGozVFlTw
— alligator27 (@twentytheven) July 2, 2017
My dog did it better pic.twitter.com/uN7Z4Jq8gy
— Corona?? (@whoreheycorona) June 25, 2017
the only way to be pic.twitter.com/6n49uyyee3
— POI$ON IV¥ (@jadejumps) June 25, 2017
I've done this with my ruby ♥?? pic.twitter.com/JSTqvHSSm2
— Melanie (@reverseoceans) June 25, 2017
Maar voor jy dit oorweeg om jou geliefkoosde naellak te gryp en dit aan jou geliefde brak se naels te tik, onthou net naellak is giftig vir diere.
Die beste alternatief sal naeldoppe wees wat katte gewoonlik kry sodat hulle nie kan krap nie.
Naeldoppe word grootliks afgekeur, want hulle verhinder ’n kat om iets te doen wat in sy aard is en dit word wyd as wreed beskou.
Clearly you don't know what claw caps are nor did you read the article. Target sells these for cats. If they were toxic they'd not be sold.
— Simonne?????? (@SimsOrSimonne) July 2, 2017
Yeah they're non toxic nail stickers & even then I didn't leave them on her. Was literally just for the picture haha ??
— Melanie (@reverseoceans) June 25, 2017
“Dis wonderlik dat mense gehaltetyd saam met hul troeteldiere deurbring, maar dis belangrik dat eienaars verstaan sommige pogings om hulle te ‘pamperlang’ kan ’n kat of hond verwar of verskrik laat,” het ’n woordvoerder vir die vereniging vir die voorkoming van wreedheid teenoor diere in die Verenigde Koninkryk, aan Metro.co.uk gesê.
“Hoewel ons dit geniet om ons naels te verf en juweliersware te dra, verstaan troeteldiere nie wat met hulle gebeur of hoekom nie, en sommige kan dit ontstellend vind.”
Die Suid-Afrikaanse Dierebeskermingsvereniging (DBV) stem heelhartig hiermee saam.
Die DBV sê in ’n verklaring oor hul ontklouingsbeleid dat dit “gekant is teen die onnodige verminking van diere – vir kosmetiese, sport, vermaaklikheids- of geriefsdoeleindes – insluitend, maar nie beperk nie tot die verwydering van hul sterte, die knip van ore, operasies om weefsel van die stembande te verwyder sodat honde sagter blaf en ontklouing.”
Al is dit dus hoe ’n oulike prentjie om bypassende naels met jou beste-troetelvriend te hê, moet jy dalk twee keer dink voor jy daardie nael-afspraak maak.
Bronne: Metro, Mashable, nspca
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET