book-icon Uitgawe 11 Maart 2021

Vrystaat-boer: My tiere help my deur donker tye

akkreditasie
Vir Gert Claasen is sy tiere en sy leeus vir hom soos kinders.
Vir Gert Claasen is sy tiere en sy leeus vir hom soos kinders.

In die bome aan die oewer van die plaasdam kwetter die vinke verontwaardig. En dan sien jy wat hul rus so versteur: Dis die baas van die plaas wat skynbaar lafenis soek teen die son wat die vlaktes vandag moordend warm bak. Maar dan kyk jy weer want kort op die man se hakke plons ’n yslike Bengaalse tier in die water, staan op sy agterpote en kap met ’n voorpoot so groot soos ’n klein bord na hom.

’n Tweede tier bekyk die toneel vir ’n oomblik van die wal af en spring dan ook in.

’n Mens moet jouself knyp om seker te maak jy’s hier op die Vrystaatse vlaktes, nie in die een of ander oerwoud of op ’n fliekstel nie. En ja, die man is in geen gevaar nie, want vir Gert Claassen (50) is dié twee roofdiere soos sy kinders. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees