Twee voertuie was by die botsing betrokke. Drie mans en twee vroue het baie ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Ceron Lennox van Advanced Life Support-nooddienste sê meganiese kake moes ingespan word om nog vier mense, waarvan drie kritiek beseer is, uit die wrakstukke te haal.

Van die slagoffers het vanweë die impak van die botsing tussen verspreide wrakstukke op die snelweg te lande gekom. Motoriste in die omgewing word aangeraai om alternatiewe roetes te volg.

Ongure weer bemoeilik die opruimingsaksie. Twee bane is steeds vir verkeer gesluit.