SOWETO, SOUTH AFRICA - JUNE 17: Elders being vacci
Ter illustrasie. Foto: Getty Images/Gallo Images

Onlangs het die goeie nuus gekom dat mense van 35 en ouer nou ook in die ry vir hul inspuiting kan staan.

Tog bly die vrae hang: Kan ek net instap? Of moet ek wag vir ’n afspraak? Kan ek na privaat persele gaan as ek nie lid van ’n mediese fonds is nie? Of moet ek na ’n openbare perseel gaan. En wáár is hierdie plekke?

Huisgenoot beantwoord jou brandende vrae.

Daar is tans privaat en openbare persele reg oor die land waar entstowwe toegedien word, en dit sluit hospitale, klinieke en apteke in. 

Sommige apteke verbonde aan die kettingwinkels Clicks en Dis-Chem, asook ’n handjievol apteke verbonde aan Pick n Pay is ook plekke waar die entstof toegedien word.

Die mediese fondse Discovery en Momentum het ook persele ingerig waar inentings gedoen word. 

Enige perseel – privaat of openbaar – kan besoek word, ongeag of jy aan ’n mediese fonds behoort of nie. As jy aan ’n mediese fonds behoort, sal jou mediese fonds vir die entstof betaal en indien nie, sal die regering betaal.

Discovery het drie massa-inentingspersele

  • 1 Discovery Place in Sandton
  • Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks)
  • Gallagher Convention Centre in Midrand

Daar is ander kleiner sentrums en daar sal binnekort nog oopgemaak word.

Dr. Ronald Whelan, ’n woordvoerder van Discovery Health, sê Discovery werk saam met die nasionale gesondheidsdepartement en verskeie provinsies om die nasionale entstofprogram so vinnig moontlik te implementeer.

Momentum het vyf groot massa-persele

  • Momentum Metropolitan by The Marc in Sandton
  • Momentum Metropolitan Building 5 by Parc Du Cap in Kaapstad
  • Momentum Building in Doringkloof Centurion
  • Momentum Metropolitan Building in Cornubia, Umhlanga
  • Centenary Methodist Church Hall in Gqeberha (PE)

Kan ek net by ’n perseel instap sonder ’n afspraak?

Die kort antwoord is: ja. Tog is daar ’n paar dinge wat jy in ag moet neem.

Suid-Afrikaners van 35 jaar en ouer kon vanaf 15 Julie registreer op die regering se elektroniese entstofstelsel (EVDS). Tog word afsprake vir die groep eers amptelik van 1 Augustus af gedoen.

Indien jy 35 jaar en ouer is en jy nie tot dan wil wag nie, kan jy probeer om dit te kry deur net by ’n sentrum op te daag. Maar jy moet eers op die nasionale departement van gesondheid se webtuiste registreer. (Sien kassie). 

  • Sodra jy geregistreer het, sal jy ’n SMS ontvang wat dit bevestig.
  • Indien jy nie geregistreer is nie, moet jy eers by die perseel geregistreer word. 
  • Indien jy wil wag vir ’n afspraak, sal jy ’n paar dae voor die tyd ’n SMS ontvang met die tyd en plek. 

Bestuurders van persele sal hul diskresie gebruik of hulle mense sonder afsprake kan help aangesien individue met geskeduleerde afsprake voorkeur sal kry. 

Clicks dui aan op hul webtuiste dat hulle mense van 35 en ouer verwelkom, maar dat hulle gehelp sal word afhangende van hul kapasiteit en hoeveel voorraad beskikbaar is. 

“Kwesbare pasiënte (bo 50) sal voorkeur kry,” sê Vikash Singh, uitvoerende bestuurder van Clicks.

“As ons nie in staat is om iemand te akkommodeer wat instap nie, sal jou kontakbesonderhede geneem word en jy sal gebel word wanneer daar ’n plek beskikbaar is.”

Sy sê al word mense van 35 en ouer gehelp waar moontlik, sal die regering se stelsel die groep outomaties begin skeduleer vanaf 1 Augustus.

“Dit word dus aanbeveel dat die groep wag tot die land se meer kwesbare groep van 50 en ouer afhandel is.”  

Momentum woordvoerder Mandy Laemmle sê hulle ontvang mense wat instap, maar dit kan wees dat jy langer wag aangesien mense wat afsprake het eers gehelp word. 

“Dit kan ook gebeur dat die hulp aan mense wat instap sonder afsprake op die dag gestop word afhangend van die hoeveelheid mense wat reeds gehelp is. 

“Ons wil graag almal help wat instap, maar ons wil mense laat weet dat as hulle sonder ’n afspraak opdaag, kan hulle dalk teleurgestel word.”

Lizeth Kruger, die nasionale kliniekbestuurder van Dis-Chem, het laat weet dat hulle in dié stadium nie enige mense sonder afsprake ontvang nie aangesien hulle nie genoeg voorraad het nie. 

By die sentrum

Wanneer jy by ’n sentrum aankom, sal jy eers in ’n tou moet staan. 

  • Jy moet jou ID en mediese-fonds-kaart by jou hê as jy een het.
  • As jy ’n afspraak het, sal jy die SMS-bewys op jou foon by jou moet hê.
  • As jy die afspraak deur ’n mediese fonds maak, moet jy die bewys daarvan deur die organisasie ook saambring. 

By Clicks sal daar twee toue wees. Een vir mense wat daar is vir ’n afspraak en een vir mense wat net wil instap. 

Die persoon wat die entstof gee, sal jou ’n reeks mediese vrae vra, asook ingeligte toestemming om die entstof te ontvang.

By sommige persele sal sekuriteit jou ontvang. 

Met jou aankoms sal jou temperatuur gemeet word en dokumentasie nagegaan word. 

Ronald verduidelik dat jou EVDS-registrasiebesonderhede by die sentrum bevestig sal word. Daarna sal jy in ’n wagarea moet bly tot jy aan die beurt kom. 

“Die persoon wat die entstof gee, sal jou ’n reeks mediese vrae vra, asook ingeligte toestemming om die entstof te ontvang. 

Die entstof sal dan gegee word en jou besonderhede sal op ’n stelsel ingevul word. 

“’n Entstof-kaart as bewys sal ingevul word wat jy saam met jou kan huis toe neem.”

Nadat die entstof toegedien is, sal jy vir 15 minute waargeneem moet word, verduidelik Ronald. 

Party mense kan gevra word om tot ’n halfuur te wag as die gesondheidswerker bepaal dat hulle ’n risiko vir ’n allergiese reaksie het. 

Jy sal in kennis gestel word wanneer jy kan gaan.

SOWETO, SOUTH AFRICA - JUNE 17: Elders being vacci
Ter Illustrasie. Foto: Getty Images / Gallo Images

Hoe om te registreer?

As jy 35 jaar en ouer is, kan jy op die regering se EVDS-stelsel registreer en wag vir ’n boodskap wat vir jou die tyd en plek sal aandui waar jy die entstof kan ontvang.

  • Dit is vinnig en maklik en jy volg net hierdie stappe op die skakel: http://vaccine.enroll.health.gov.za/
  • WhatsApp die woord “registreer” na 060-012-3456
  • Bel *134*832*ID-nommer# 
  • Indien jy nie ’n ID-nommer het nie, bel *134*832#
  • Bel 0800-029-999 om te registreer. 
  • Jy kan dit in persoon doen by ’n perseel wat entstowwe toedien.
  • Deur ’n gesondheidswerker wat ’n gemeenskap besoek.
Bronne: Nasionale gesondheidsdepartement en Bhekisisa Centre For Health  Journalism

Jy het die volgende inligting nodig

  • ID-nommer (paspoort, asiel- of vlugtelingnommer)
  • Jy sal ’n SMS ontvang wat jou registrasie bevestig en dan later nog een met die besonderhede van die dag en plek van jou inenting.

Watter sentrum is die naaste aan jou?

Hier is die lys soos aangedui op die nasionale departement van gesondheid se webtuiste. Die lys is op 11 Junie vanjaar bygewerk.

Belangrik om in gedagte te hou

Die lys word voorturend aangepas en nuwe sentrums mag bygevoeg word en bestaande sentrums gesluit of deur ander vervang word.

*CDC (Community Day Centre)

*CHC (Community Health Centre)

Wes-Kaap

  • Adriaanse-kliniek
  • Bishop Lavis CDC
  • Bothasig CDC
  • Brackenfell-kliniek
  • Brooklyn Chest-hospitaal
  • Clicks-apteek Blue Route
  • Clicks-apteek Constantia
  • Clicks-apteek Edgemead
  • Clicks-apteek Tygervalley
  • Clicks-apteek Westcoast Village
  • Crossroads CDC
  • Delft CHC
  • Dis-Chem Bayside Mall-apteek
  • Dis-Chem Parow Centre-apteek
  • District Six CDC
  • DP Marais TB-hospitaal
  • Dr Abdurahman CDC
  • Du Noon CHC
  • Durbanville CDC
  • Eersterivier-kliniek
  • Eersterivier-hospitaal
  • Elsiesrivier CHC
  • Valsbaai-hospitaal
  • Goodwood CDC
  • Guguletu CHC
  • Guguletu-kliniek
  • Gustrouw CDC
  • Hanover Park CHC
  • Heideveld CDC
  • Helderberg-hospitaal
  • Hope Street Oral Health Service
  • Inzame Zabantu CDC
  • Karl Bremer-hospitaal
  • Kensington CDC
  • Khayelitsha-hospitaal
  • Khayelitsha (Site B) CHC
  • Kleinvlei CDC
  • Kraaifontein CHC
  • Kuyasa CDC
  • Lady Michaelis CDC
  • Lotus River CDC
  • Macassar CDC
  • Mamre CDC
  • Manenberg-kliniek
  • Mediclinic Cape Gate-hospitaal
  • Mediclinic Milnerton-hospitaal
  • Mediclinic Panorama-hospitaal
  • Mediclinic Vergelegen-hospitaal
  • Mfuleni CDC Michael
  • Mapongwana CDC
  • Mitchells Plain CHC
  • Mitchells Plain-hospitaal
  • Momentum Metropolitan Vaccination Centre Bellville
  • N1 City Clicks-apteek
  • New Somerset-hospitaal
  • Nolungile CDC
  • Nomzamo CD
  • Nyanga CDC
  • Nyanga-kliniek
  • Ocean View CDC
  • Pick n Pay-apteek - Ottery
  • Pick n Pay-apteek - Plattekloof
  • Pick n Pay-apteek Promenade
  • Pinelands Western EMS Station
  • Ravensmead CDC
  • Reed Street CDC
  • Retreat CHC
  • Scottsdene CD
  • Sir Lowry's Pass CDC
  • Stikland-hospitaal
  • Symphony Way CDC
  • Tafelsig CDC
  • Vanguard CHC
  • Wynberg-apteek
  • Ceres-hospitaal
  • Clicks-apteek Paarl Mall
  • Cloetesville CDC
  • Kayamandi-kliniek
  • Robertson-hospitaal
  • Simonsrust-apteek
  • Stelkor-apteek
  • Stellenbosch-hospitaal
  • TC Newman CDC
  • Touws River-kliniek
  • Worcester CDC
  • Beaufort West-hospitaal
  • Murraysburg-kliniek
  • Alan Blyth-hospitaal
  • Albertinia-kliniek
  • Alma Mobile 1
  • George Hospitaa
  • Harry Comay TB-hospitaal
  • Heidelberg-kliniek
  • Knysna-hospitaal
  • KwaNokuthula CDC
  • Mediclinic Geneva-hospitaal
  • Oudtshoorn-hospitaal
  • Plettenbergbaai-kliniek
  • Riversdale-hospitaal
  • Bredasdorp-kliniek
  • Caledon-hospitaal
  • Grabouw CHC
  • Greyton Satelliet-kliniek
  • Hermanus CDC
  • Napier-kliniek
  • Stanford-kliniek
  • Swellendam PHC-kliniek
  • Citrusdal-kliniek
  • Citrusdal-hospitaal
  • Clanwilliam-hospitaal
  • Clicks-apteek Laguna Mall
  • Clicks-apteek Vredendal Mall
  • Lambertsbaai-kliniek
  • Malmesbury CDC
  • Piketberg-kliniek
  • Porterville-kliniek
  • Swartland-hospitaal
  • Velddrif-kliniek
  • Vredenburg-hospitaal
  • Vredendal-hospitaal
  • Clicks-apteek Durbanville

KwaZulu-Natal

  • Driefontein-kliniek
  • Pharmacare Morningside Dispensary
  • Watersmeet-kliniek
  • Dannhauser CHC
  • Madadeni-hospitaal
  • Newcastle-hospitaal
  • Addington-hospitaal
  • Cato Manor CHC
  • Clairwood-hospitaal
  • Clicks La Lucia-apteek
  • Clicks-apteek Chatsworth
  • Clicks-apteek Gateway
  • Clicks-apteek Pavilion
  • Clicks-apteek The Bluff
  • Hillcrest-hospitaal
  • Hlengisizwe CHC
  • Inanda C CHC
  • King Dinuzulu-hospitaal
  • King Edward VIII-hospitaal
  • KwaDabeka CHC
  • KwaMashu Poly CHC
  • Life Entabeni-hospitaal
  • Mahatma Gandhi-hospitaal
  • Netcare St Augustine's-hospitaal
  • Newtown A CHC
  • Osindisweni-hospitaal
  • Prince Mshiyeni-gedenkhospitaal
  • RK Khan-hospitaal
  • Sanlam Centre Pinetown Clicks-apteek
  • St Mary's-hospitaal (Mariannhill)
  • Tongaat CHC
  • Wentworth Gateway-hospitaal
  • Christ the King-hospitaal
  • Clicks-apteek Kokstad
  • East Griqualand and Usher-gedenkhospitaal
  • Pholela CHC
  • Rietvlei-hospitaal
  • St Apollinaris-hospitaal
  • St Margaret's TB MDR-hospitaal
  • Edgedale Old Age Home
  • General Justice Gizenga Mpanza-hospitaal
  • Montebello-hospitaal
  • Ndwedwe CHC
  • Netcare Alberlito-hospitaal
  • Sundumbili CHC
  • Umphumulo-hospitaal
  • Untunjambili-hospitaal
  • Townsend Park-saal
  • Brackenham-kliniek
  • Buchanana-kliniek
  • Catherine Booth-hospitaal
  • Dondotha-kliniek
  • Ekhombe-hospitaal
  • Eshowe-hospitaal
  • KwaMagwaza-hospitaal
  • Life Empangeni-hospitaal
  • Mbongolwane-hospitaal
  • Ngwelezana-kliniek
  • Ngwelezane-hospitaal
  • Nkandla-hospitaal
  • Nseleni CHC
  • Ntuze-kliniek
  • Phaphamani-kliniek
  • Queen Nandi Regional-hospitaal
  • Richards Bay-kliniek
  • Thokozani-kliniek
  • Umbonambi-kliniek
  • Umkhontokayise-kliniek
  • Clicks-apteek Hibiscus Mall
  • Clicks-apteek Shelly Beach
  • Gamalakhe CHC
  • GJ Crooke's-hospitaal
  • Murchison-hospitaal
  • Port Shepstone-hospitaal
  • St Andrew's-hospitaal
  • Turton CHC
  • Appelsbosch-hospitaal
  • Bruntville CHC
  • Clicks-apteek Hayfields
  • East Boom CHC
  • Edendale-hospitaal
  • Grey's-hospitaal
  • Howick-kliniek
  • Imbalenhle CHC
  • Life Hilton-hospitaal
  • Mediclinic Pietermaritzburg-hospitaal
  • Northdale-hospitaal
  • Richmond Chest-hospitaal
  • Umgeni Waterfall Institute-hospitaal
  • RAS
  • Bethesda-hospitaal
  • Hlabisa-hospitaal
  • Mosvold-hospitaal
  • Mseleni-hospitaal
  • Othobothini CHC
  • Charles Johnson-gedenkhospitaal
  • Church of Scotland-hospitaal
  • Clicks-apteek Dundee
  • Dundee-hospitaal
  • Greytown-hospitaal
  • Pomeroy CHC
  • AE Haviland Memorial-kliniek
  • Bergville-kliniek
  • Emmaus Gateway-kliniek
  • Estcourt-hospitaal
  • Injisuthi-kliniek
  • Ladysmith-hospitaal
  • Madiba-kliniek
  • Ntabamhlope-kliniek
  • Steadville-kliniek
  • Tholusizo-kliniek
  • Wembezi-kliniek
  • Benedictine-hospitaal
  • Benedictine Mobile 1
  • Benedictine Mobile 2
  • Benedictine Mobile 3
  • Ceza-hospitaal
  • Clicks-apteek Ulundi
  • Clicks-apteek Vryhei
  • eDumbe CHC
  • Itshelejuba-hospitaal
  • Nkonjeni-hospitaal
  • Simdlangentsha Mobile 1
  • Vryheid-hospitaal

Gauteng

  • Clicks-apteek Gezina Galleries
  • Boksburg Civic-saal
  • Ackermans-apteek
  • Bertha Gxowa-hospitaal
  • Boksburg-burgersentrum-kliniek
  • Clicks-apteek Eastgate
  • Clinix Botshelong-Empilweni-hospitaal
  • Daveyton Main CDC
  • Dis-Chem East Rand-apteek
  • Duduza-kliniek
  • East Park-apteek
  • Esangweni CHC
  • Jabulane Dumane CHC
  • Joy-kliniek
  • Kempton Park-burgersentrum-kliniek
  • Life The Glynnwood-hospitaal
  • Nokuthela Ngwenya CHC
  • Phillip Moyo CHC
  • Phola Park CHC
  • Thelle Mogoerane Regional-hospitaal
  • Kempton Park Civic-saal
  • Tembisa-hospitaal
  • 1 Discovery Place
  • Altrek Sports Ground
  • Alexandra Eastbank
  • Discovery - Virgin Active Broadacres
  • Dr GM Pitje Day-hospitaal
  • Ennerdale Civic
  • Alexandra CHC
  • Charlotte Maxeke-hospitaal
  • Chiawelo CHC
  • Chris Hani Baragwanath-hospitaal
  • Clicks-apteek Brightwater Commons
  • Clicks-apteek Broadacres
  • Clicks-apteek Jabulani Mall
  • Clicks-apteek Sunninghill
  • Clinix Dr SK Matseke-gedenkhospitaal
  • Clinix Solomon Stix Morewa-gedenkhospitaal
  • Clinix Tshepo-Themba-hospitaal
  • Dis-Chem Fourways Mall-apteek
  • Dis-Chem Jabulani Mall-apteek
  • Dis-Chem Mall of Africa-apteek
  • Dis-Chem Mall of the South-apteek
  • Discoverers CHC
  • Hillbrow CHC
  • Itireleng CHC
  • Lenasia-kliniek
  • Life Flora-hospitaal
  • Life Fourways-hospitaal
  • Life Wilgeheuwel-hospitaal
  • Lonehill Clicks-apteek
  • Medicare Douglasdale-apteek
  • Medicare-apteek - Weltevreden
  • Momentum Metropolitan Vaccination Centre-the Marc, Sandton
  • Netcare Milpark-hospitaal
  • NHN Lenmed Health
  • Ahmed Katrada-hospitaal
  • Stretford CHC
  • Yeoville-kliniek
  • Lord Khanyile Hal
  • Kanana-gemeenskapsaal
  • Yeoville-sentrum
  • Berairo-saal
  • WitPooitjie-sentrum
  • Kopanong-gemeenskapsaal
  • Makhaya-gemeenskapsaal
  • Meadowlands zone 10-saal
  • Wendywood Sports and Recreational Centre
  • Mondeor Recreational Centre
  • Diepkloof-gemeenskapsaal
  • Naledi-gemeenskapsaal
  • Naledi Ext 2 Sports Centre
  • Weilers Farm-saal at-kliniek
  • Marlboro Sport Complex
  • Ennerdale Ext 9 Community Centre
  • Midrand LA EMS
  • Diepsloot Youth Centre
  • Zola CHC
  • Clinix Naledi-Nkanyezi-hospitaal
  • Johan Heyns CHC
  • Levai Mbatha CHC
  • Market Avenue-kliniek
  • Midvaal CDC
  • Ratanda CDC
  • Sebokeng-hospitaal
  • Sharpeville CHC
  • Mafatsana multipurpose centre
  • Vereeniging-banketsaal
  • Saul Tsotetsi sports centre
  • Lakeside multipurpose centre
  • Mamello-kliniek
  • Bantu bonke-saal
  • Ratanda multipurpose centre
  • Impumelelo-saal
  • Sharpeville Community Health centre
  • Vaal Mall Clicks-apteek
  • Discovery - Virgin Active Centurion
  • Atteridgeville-kliniek
  • Boekenhout-kliniek
  • Clicks-apteek Doringkloof
  • Clicks-apteek Menlyn Retail Park
  • Clicks-apteek The Mall@Reds
  • Clicks-apteek Woodlands
  • Dis-Chem Centurion-apteek
  • Eersterust CHC
  • Fedsure Forum - Clicks
  • FF Ribeiro-kliniek
  • Kekana Gardens-kliniek
  • KT Motubatse-kliniek
  • Laudium CHC
  • Life Wilgers-hospitaal
  • Momentum Metropolitan Vaccination Centre, Doringkloof
  • Nellmapius-kliniek
  • Phedisong 4 CHC
  • Rayton-kliniek
  • Soshanguve Block JJ-kliniek
  • Suurman-kliniek
  • Van Heerden-apteek Glenstantia
  • Van Heerden-apteek - Old Farm
  • Van Heerden (Lynriff)-apteek
  • Van Heerden-apteek Lyttelton
  • Van Heerden-apteek Parkview
  • Zithobeni-kliniek
  • Boekenhout-kliniek (Mabopane Indoor)
  • Stanza Bopape CHC
  • Olievenhoutbosch-kliniek
  • Ekangala-kliniek (Community-saal)
  • Rethabiseng-kliniek (Community-saal)
  • Weskoppies-hospitaal
  • Mamelodi-hospitaal
  • Tshwane Rehabilitation-hospitaal
  • Zuid-Afrikaans-hospitaal
  • Bekkersdal West CHC
  • Bronkhorstspruit-kliniek
  • Carletonville Central-kliniek
  • Carletonville-hospitaal
  • Dr Yusuf Dadoo-hospitaal
  • Leratong-hospitaal
  • Randgate-kliniek
  • Sterkfontein-hospitaal
  • Tarlton-kliniek
  • Fochville-burgersentrum
  • Wedela-gemeenskapsaal
  • Khutsong-gemeenskapsaal
  • Krugersdorp-dorpsaal
  • Kagiso ext 12-saal
  • Tarlton-gemeenskapsaal
  • Magalies-saal
  • Video-saal
  • Zuurbekom-saal
  • Thusanang-saal
  • Westonaria-burgersentrum

Vrystaat

  • Boitumelo-hospitaal
  • Fezi Ngumbentombi-hospitaal
  • Bongani-hospitaal
  • Clicks-apteek Goldfields
  • Katleho-hospitaal
  • Mohau-hospitaal
  • Nala-hospitaal
  • Thusanong-hospitaal
  • Winburg-hospitaal
  • Botshabelo-hospitaal
  • Clicks-apteek Fichardt Park
  • Clicks-apteek Langenhoven Park
  • Dr JS Moroka-hospitaal
  • Mediclinic Bloemfontein-hospitaal
  • Pelonomi-hospitaal
  • Universitas (C)-hospitaal
  • Clicks-apteek Bethlehem
  • Dihlabeng-hospitaal
  • Senorita Ntlabathi-hospitaal
  • Albert Nzula-distrikshospitaal

Oos-Kaap

  • Adelaide-hospitaal
  • Amabele-kliniek
  • Bedford-hospitaal
  • Butterworth-hospitaal Cathcart
  • Fort Beaufort-hospitaal
  • Hebe-Hebe-kliniek
  • Komga-kliniek
  • Komga-hospitaal
  • Middledrift CHC
  • Nompumelelo (Peddie)-hospitaal
  • Nqamakwe CHC
  • Nyhwara SS Gida-hospitaal
  • Stutterheim-kliniek
  • Stutterheim-hospitaal
  • Victoria-hospitaal
  • Willowvale CHC
  • Madzikane kaZulu-gedenkhospitaal
  • St Patrick's-hospitaal
  • Tayler Bequest-hospitaal (Matatiele)
  • Amahleke-kliniek
  • Beacon Bay-kliniek
  • Bhisho Gateway-kliniek
  • Bhisho-hospitaal
  • Cecilia Makiwane-hospitaal
  • Clicks-apteek Beacon Bay
  • Clicks-apteek Vincent Park
  • Dimbaza CHC
  • Dis-Chem Hemmingways-apteek
  • Duncan Village CHC
  • Empilweni Gompo CHC
  • Frere Gateway-kliniek
  • Frere-hospitaal
  • Gonubie-kliniek
  • Greenfields-kliniek
  • Grey-hospitaal
  • Imidange-kliniek
  • Life St Dominic's-hospitaal
  • Mdingi-kliniek
  • Mount Coke CHC
  • Nkqubela-hospitaal
  • Nontyatyambo CHC
  • NU 12-kliniek
  • Pirie-kliniek
  • All Saints-hospitaal
  • Frontier-hospitaal
  • Hewu-hospitaal
  • Aliwal North-hospitaal
  • Clicks-apteek Aliwal North
  • Cloete Joubert (Barkly East)-hospitaal
  • Maclear-hospitaal
  • Robert Mjobo-kliniek
  • Venterstad-kliniek
  • Central CHC (Sandford)
  • Central-kliniek (Port Elizabeth)
  • Clicks-apteek Greenacres
  • Clicks-apteek Kabega Park
  • Clicks-apteek Sunridge Village
  • Clicks-apteek Walmer Park
  • Gelvandale-kliniek
  • Life St George's-hospitaal
  • Linton Grange-kliniek
  • Livingstone-hospitaal
  • Uitenhage-hospitaal
  • Walmer 14th Avenue-kliniek
  • West End CHC
  • Clicks-apteek BT Ngebs Mall
  • Mthatha General-hospitaal
  • Nelson Mandela Academic-hospitaal
  • St Elizabeth's-hospitaal
  • St Lucy's-hospitaal
  • Clicks-apteek Fountains Mall
  • Clicks-apteek Graaff-Reinet
  • Clicks-apteek Grahamstown
  • Humansdorp-hospitaal
  • Settlers-hospitaal

Limpopo

  • Clicks-apteek Thaba Mall
  • Clicks-apteek Cycad - Polokwane
  • Clicks-apteek Ellisras
  • Clicks-apteek Polokwane 2
  • Helene Franz-hospitaal
  • Lebowakgomo-hospitaal
  • Mankweng-hospitaal
  • Polokwane-hospitaal
  • Seshego-hospitaal
  • Dr CN Phatudi-hospitaal
  • Kgapane-hospitaal
  • Letaba-hospitaal
  • Maphutha L Malatjie-hospitaal
  • Nkhensani-hospitaal
  • Sekororo-hospitaal
  • Van Heerden-apteek Phalaborwa
  • Van Heerden-apteek Tzaneen
  • Van Velden Memorial (Tzaneen)-hospitaal
  • Dilokong-hospitaal
  • Groblersdal-hospitaal
  • Jane Furse-hospitaal
  • Matlala-hospitaal
  • Mecklenburg-hospitaal
  • Philadelphia-hospitaal
  • St Rita's-hospitaal
  • Donald Fraser-hospitaal
  • Elim-hospitaal
  • Louis Trichardt-hospitaal
  • Malamulele-hospitaal
  • Messina-hospitaal
  • Siloam-hospitaal
  • Tshilidzini-hospitaal
  • FH Odendaal (Nylstroom)-hospitaal
  • George Masebe-hospitaal
  • Medlin-apteek
  • Mokopane-hospitaal
  • Script Savers-apteek Modimolle
  • Thabazimbi-hospitaal
  • Van Heerden-apteek Bela Mall
  • Van Heerden-apteek Checkers - Nylstroom
  • Van Heerden-apteek - Thabazimbi
  • Warmbaths-hospitaal

Mpumalanga

  • Clicks-apteek Midwater
  • Mapulaneng-hospitaal
  • Rob Ferreira-hospitaal
  • Shongwe-hospitaal
  • Van Heerden-apteek Sabie
  • Van Heerden-apteek Nelspruit
  • Van Heerden-apteek Sonpark
  • Bethal-hospitaal
  • Ermelo-hospitaal
  • Evander-hospitaal
  • Life Cosmos-hospitaal
  • Middelburg-hospitaal
  • Witbank-hospitaal
  • Impungwe-hospitaal

Noord-Kaap

  • Diamond Pavilion Clicks-apteek
  • Northern Cape Specialised Psychiatric-hospitaal
  • Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal
  • Galeshewe Day-hospitaal
  • Kuruman-hospitaal
  • Olifantshoek Community Health Centre
  • Clicks-apteek Springbok
  • Calvinia Springbok-hospitaal
  • De Aar (Central Karoo)-hospitaal
  • Dr Harry Surtie-hospitaal
  • Upington-kliniek

Noordwes

  • Bafokeng CHC
  • Brits-hospitaal
  • Job Shimankana Tabane-hospitaal
  • Moses Kotane-hospitaal
  • Clicks-apteek Potchefstroom
  • Clicks-apteek Wilkoppies
  • Jouberton CHC
  • Klerksdorp-Tshepong Tertiary-hospitaal
  • Nic Bodenstein-hospitaal
  • Ventersdorp CHC
  • Witrand Psychiatric-hospitaal
  • Westvaal-hospitaal
  • Generaal de la Rey-hospitaal
  • Mahikeng Provinsiale-hospitaal
  • Zeerust-hospitaal
  • Joe Morolong-gedenkhospitaal

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe