Sandra se man, Johan (41), was glo ten tyde van die voorval by die werk.  

Die aanvanklike vermoede was dat Sandra eers haar kinders en toe haarself om die lewe gebring het, maar kapt. Pearl van Staad, polisiewoordvoerder by die Brakpan-polisiekantoor, sê die saak is na die provinsiale polisiekantoor vir verdere ondersoek verwys.

Skokkende foto’s is intussen deur ’n familielid aan Huisgenoot verskaf wat die afgryslike toneel uitbeeld in die huis in Modderstraat in die buurt Sallies Village waar die gesin dood aangetref is.

hoofslaapkamer
Foto: Verskaf

Die familie worstel steeds met talle vrae en wil nie aanvaar dat Sandra tot so iets in staat kon wees nie. 

Hulle glo daar was diepgesetelde probleme in die huis en glo die deurmekaar huis is 'n stille getuienis dat alles nie wel was nie.

Op die foto’s kan 'n mens sien die huis is deurmekaar. Die vloer is besaai met klere, speelgoed en speelgoeddinosourusse van klein Simeon. 

Maar kyk 'n mens nader na die twee matrasse op die sitkamervloer, sal jy die bloedvlekke op die vloer en matras sien waar die gesin doodgeskiet is. 

Die hoofslaapkamer
Die leefgebied waar die gesin aangetref is. Foto: Verskaf
vertrek,brakpan
Foto: Verskaf

“Sandra en Simeon het op die een matras gelê. Albei is deur die kop geskiet,” sê die familielid wat anoniem wil bly. 

Volgens haar is Shereé op die matras langs ma en seun in die maag geskiet. 

Die grutoneel wat in die huis afgespeel het, is duidelik sigbaar aan die bloedvlekke aan die kussings. 

Simeon se kamer
In Simeon se kamer is ook 'n brand gestig. Foto: Verskaf

“Lee-Ann het op die bank gesit en is van onder die ken geskiet.” 

Langs die swart leerbank is bloedspatsels waar Lee-Ann glo gesterf het. 

Op die ander foto is Johan en Sandra se slaapkamer. Voor die voetenent van die bed is ’n groot gat waar ’n brand ontstaan het. 

Die hoofslaapkamer waar die brand gestig is. Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

“Die mens het die huis aan die brand probeer steek. Daar word beweer dat die verdagtes die lyke aan die brand probeer steek het, maar dit is ongeskonde.” 

Volgens haar is ook in Simeon se kamer ’n brand gestig.