In die eerste seisoen van die televisiereeks Huisgenoot: Ware Lewensdramas op VIA (DStv-kanaal 147) is die onopgeloste moord herbesoek en het kykers gesien hoe rolspelers steeds kopkrap, grawe en wonder wie die briljante Matie-student in haar woonstel buite Stellenbosch vermoor het.
’n Dekade na haar dood, het Dana Snyman ’n aangrypende artikel vir Huisgenoot geskryf na ’n onderhoud met haar ouers, prof. Jan en Juanitz Lotz:
Hul kind is eintlik twee keer vermoor.