Watts het sedertdien erken hy was in ’n “aktiewe verhouding” met ’n kollega en dat hy van sy swanger vrou, Shanann (34), wou skei.

Hy het dié bekentenis ná ’n ondersoek van twee dae gemaak nadat hy dit vroeër ontken het.  

Volgens Shanann se ma het sy en hul dogters ses weke saam met haar familie in Noord-Carolina deurgebring. Chris het vir ’n kort tyd by hulle aangesluit.

“Dit was asof die son begin skyn het wanneer sy ’n vertrek ingestap het,” is hoe Darnell Search, ’n vriendin van die familie in Noord-Carolina, vir Shanann beskryf.

Daarenteen was Chris tydens hul ontmoeting baie afsydig. Shanann het aan Darnell gesê sy en Chris het probleme en dit het gelyk asof die twee se paadjies wel uiteen sou gaan.

Vriende van die egpaar, Nicholas en Amanda Thayer, het Watts ingeneem ná Shanann en hul kinders se “verdwyning”. 

Volgens Amanda het Shanann enkele dae voor haar dood vir haar gesê sy vermoed Watts is dalk besig om haar te verkul, maar sy kon dit nie bevestig nie.

Watts beweer in sy verklaring dat hy Shanann Maandagoggend voor hy werk toe is van die affair vertel het, waarna hulle albei in trane uitgebars het.

Volgens hom het die nuus Shanann so ontspoor dat sy, en nie hy nie, hul twee dogtertjies verwurg het.

Hy het glo op die babamonitor gesien hoe sy Celeste verwurg. Bella was volgens hom reeds “blou en leweloos” op haar bed.

Tog wys ’n foto wat Shanann in Mei 2014 gedeel het, hoe moeilik dit sou wees om ’n “blou” verwurgte baba op die monitor te sien.

In reaksie daarop het hy haar glo uit woede verwurg.

Watts se verklaring lui voorts dat hy die drie lyke op die agtersitplek van sy werkbakkie gesit het en toe na CERVI 319, een van die persele van die petroliummaatskappy vir wie hy gewerk het, gery.

Daar het hy die twee dogtertjies se lykies glo in oliedromme gegooi en Shanann ’n entjie verder begrawe. Ondersoekbeamptes het die moontlikheid geopper dat Chris die oliedromme as ’n opsie gekies het sodat die reuk van ontbinding verdoesel sou bly.

Nou doen bewerings die ronde dat hy moontlik die dogtertjies reeds voor Shanann se tuiskoms Maandagoggend omstreeks 02:00 ná ’n werkbesoek aan Arizona verwurg het.

Watts is dieselfde man wat Dinsdag (14 Augustus) op verskeie televisienuusdienste emosioneel voorgekom het terwyl hy vir die veiligheid van sy vrou en hul twee dogtertjies, Celeste (3) en Bella (4), gepleit het.

Shanann was 15 weke swanger met die egpaar se derde kind, volgens aanduidings ’n seuntjie wat Niko gedoop sou word.

Watts het Dinsdag vir die eerste keer in die hof verskyn op nege aanklagte, waaronder drie van moord.

'n Gelukkige gesin

So het Shanann die koms van hul derde kind met Watts gedeel.


Vroeër.


Vakansietyd in San Diego, Junie 2018.

Bronne: cbs.news.com, news.com.au, bbc.com