'n Voorbeeld van die gesigmasker wat soos spek rui
'n Voorbeeld van die gesigmasker wat soos spek ruik. Die spesifieke spek is Black Label Bacon uit Amerika. Foto: Twitter/Hormel Foods

Moenie net spek eet nie, ruik dit sommer elke oomblik van elke dag aan jou masker.

Dít is die woorde van die nuutste advertensie deur Hormel Foods, 'n groot Amerikaanse maatskappy wat spek aan kettingwinkels verskaf om aan te kondig dat hulle nou maskers met 'n spekreuk maak. 

Die maatskappy se kreatiewe inisiatief midde-in die pandemie het spekliefhebbers gaande nadat hulle hierdie “revolusionêre” masker aangekondig het met die jongste “varkvleisgeurtegnologie”. 

Hoekom moet die asemrowende geur van spek net soggens tot ontbyt beperk word? Op dié manier kan enigeen wat 'n masker dra, heeldag gebraaide spek ruik. 

Die maatskappy, bekend vir hulle Black Label Bacon, sê hierdie maskers is deel van ’n fondsinsamelingsprojek.

“Ons is voortdurend besig met nuwe projekte om ons kliënte opwindende ervarings te gee om ons produkte ten volle te ervaar,” sê Nick Schweitzer, bemarkingshoof, in ’n verklaring.

“In 2020 beteken dit ons sit die reuk van almal se gunstelingspek saam met hierdie jaar se 'moet-hê bykomstigheid' die masker. 

“En so bring ons almal nader aan ons spek.” 

Moenie net spek eet nie, asem dit in. Foto: Twitte
Moenie net spek eet nie, asem dit in. Foto: Twitter/Hormel Foods

Bronne: USA Today; New York Daily News