Die Instagram-rekening Nail_sunny het onlangs ’n video waarop ’n kunstenaar klein insekte by ’n manikuur insluit met hul meer as 1,7 miljoen volgelinge gedeel. 

Op die stap-vir-stap-video begin die naelkunstenaar die naels met gom bedek. Sy plaas dan dooie muskiete op die naels terwyl die gom nat is. 

Die insek word dan met ’n kwas afgedruk en die naels word onder ’n UV-lig gehou om droog te word. 

Bzzzz ?? nails - YAY OR NAY? Video by @edo_movs #nailsunnytutorial

A post shared by Nail Sunny (@nail_sunny) on

Van die Russiese salon se volgelinge is gaande oor dié nuwe neiging, terwyl ander dit "ontstellend" noem. 

"Hoekom moet jy insekte doodmaak net om jou naels te versier? Sien jy nie dit is onnodig en wreed nie?" vra een volgeling. 

"Dis eintlik terselfdertyd oulik en grillerig . . . Kan jy dit baasraak?" vra ’n ander een. 

Bronne: Thesun.co.uk, Instagram