Sultan Kösen (35) van Turkye en Jyoti Amge (24) van Indië het mekaar verlede week in Egipte ontmoet om deel te neem aan ’n fotosessie om dié land se toerisme te bemark, berig The Jerusalem Post.

Sultan is 2,51 m lank en Jyoti 64 cm.

Die twee het mekaar voor die piramide van Giza ontmoet nadat hulle deur die Egiptiese toerismeraad na die land genooi is.

Albei het foto’s van hul besoek in die sosiale media gedeel.

#misir #dan #ülkeme #selam #olsun

A post shared by sultan kosen (@sultankosen47) on

#misir # arkadasim #le #misir #piramitlerde #beraber #olduk

A post shared by sultan kosen (@sultankosen47) on


Sultan het 'n siektetoestand wat daartoe lei dat sy brein 'n abnormale hoeveelheid groeihormone vervaardig. Jyoti ly aan 'n vorm van dwergisme wat bekendstaan as achondroplasie, berig ITV.com.