’n Boer buite die dorpie Denton het die dier geskiet toe dit sy skape probeer vang.

Die man het die departement van natuurbewaring gekontak om die aanvaller – wat hy geglo ’n wolf is – te kom verwyder. Wolfspesialiste van die nasionale parkeraad het egter na foto’s van die dier gekyk en vinnig gesê dit is geen gewone wolf nie. 

“Sy tande is kleiner, sy bene te kort en sy kloue veels te groot om ’n gewone wolf te wees,” het die departement in ’n persverklaring laat weet. 

Hulle is nou besig met DNS-toetse om vas te stel wat presies die gedierte is.  

Dit was natuurlik nie lank nie of ‘n debat het in die sosiale media ontplof met gerugte van wat dit moontlik kan wees. 

Die groep All Things Haunted het dadelik bespiegel dit kan moontlik ’n weerwolf wees. 

Volgens New York Post is daar mense wat glo dit is ’n kruising tussen ’n hiëna en ’n wolf – ’n dier wat glo volgens plaaslike Indiane eens op ’n tyd in die omgewing gejag het. 

Die parkeraad sê die waarskynlikste antwoord is ’n soort kruising tussen ’n hond en ’n wolf.  

Bronne: Montana Fish, Wildlife and Parks, New York PostGreat Falls Tribune