Winnie, soos wat sy in die volksmond bekend staan, se persoonlike assistent, Zodwa Zwane, het Winnie, het Maandag aan Times Live bevestig sy is oorlede. Die eksvrou van oudpres. Nelson Mandela is die naweek by die Johannesburgse hospitaal Milpark opgeneem.

“Dit is met diepe hartseer dat ons die publiek inlig dat mev. Winnie Madikizela-Mandela oorlede is,” het die familie in ’n verklaring gekommunikeer.

Sy is oorlede ná ’n lang siekbed waarvoor sy gereeld in die hospitaal opgeneem is sedert die begin van die jaar. “Sy het vreedsaam heengegaan in die vroeë oggendure Maandag en was omring deur familie en geliefdes,” lui die verklaring.

“Sy het die herinnering van haar man Nelson Mandela lewend gehou gedurende sy jare op Robben-eiland en gehelp om die stryd om geregtigheid in Suid-Afrika een van sy mees herkenbare beelde te skets. Sy het die meeste van haar volwasse lewe gewy aan die doel van die mense en is wyd bekend as die ‘Moeder van die Nasie’.

“Die Mandela-familie is dankbaar vir die geskenk wat haar lewe was en selfs al breek ons hart met haar afsterwe, moedig ons almal aan om haar te vier as ’n merkwaardige vrou,” sê die verklaring verder.

Die ANC-vryheidsvegter is in 1936 in Bizana in die Oos-Kaap gebore en het na haar skooljare na die Goudstad verhuis waar sy maatskaplike werk gestudeer het. In 1957 is sy ’n jaar later met die prokureur en aktivis Nelson Mandela getroud by wie sy twee kinders, Zenani en Zindziwa, gehad het.

Winnie se huwelik met oudpres. Mandela se was kortstonding want haar man is in 1963 lewenslank tronkstraf opgelê vir volksverraad en is eers in 1990 vrygelaat. Sy self was ook in ’n stadium in Brandfort in die Vrystaat onder huisarres geplaas vir “dade van terreure” tydens haar betrokkend as vryheidsvegter in die apartheidsjare.

Twitter gebruikers het Maandag ’n stortvloed medelye betoon vir die afgestorwe Mam' Winnie.