Die Afrikaanse aktrise, TV-aanbieder en bekroonde skrywer Vicky Davis en die musikant Schalk Joubert het Woensdag hul tweede skattige pienkvoet in die wêreld verwelkom.

’n Gedeelte uit die inskrywing lui: “Luca Juan Joubert het op 38 weke sy aankoms aangekondig, gebore 14:14 en weeg ’n baie mollige 4,05 kg!”

“Ma en seun vaar uitstekend, en alles lyk normaal en gesond. Pa herstel steeds van die skok, maar straal van trots en vreugde.”

Die egpaar het reeds ’n dogter, Lira (3).

Dis ook Schalk wat die blye nuus van die vooruitsig van ’n nuwe kleinding in Maart gedeel het.

Geluk, julle, klein Luca is pragtig!