Die voorval is by ’n ATB-supermark naby die Oekraïnse hoofstad, Kiëf, verfilm. Die video is op 21 Junie in die sosiale media gelaai waar dit wyd gedeel is. In die video betaal die bonkige koper vir sy wors by die toonbank terwyl hy iets op ’n man naby die ingang skree.

Hy stap na die man, wat nie ’n gesigmasker dra nie, en verwyder hom hardhandig uit die winkel. Nadat hy die skraal man uit die winkel geboender het, dam hy hom met die wors in die gesig by.

worsgeveg
Foto: CEN/@kokochikeng/Magazinefeatures.co.za

Die man uiter ’n paar woorde en draai dan om en stap weg, maar die oomblik toe hy sy rug draai, skop die man sonder masker hom teen die rug. Hy val om en beland plat op sy gesig. Die worsman slaan die man dan twee keer met die wors voor hy die skade aan sy southappie beskou. Teen die einde van die video lyk dit asof hy die man met die vuis bydam.

worsgeveg
Foto: CEN/@kokochikeng/Magazinefeatures.co.za

Volgens die plaaslike media het die man die maskerlose man (maskers is ook daar verpligtend) opgemerk en woedend geraak daaroor. Dis onduidelik of die man beseer is en of die polisie die saak ondersoek.

Die internetgebruiker Brian Desconocido het gesê: “Daai is nie ’n stomp voorwerp nie; dis ’n gerooktesouthappie-wapen”.

worsgeveg
Foto: CEN/@kokochikeng/Magazinefeatures.co.za

Aleksey Ivanov het laat hoor: “Sê vir my hoe ek die man kan vergoed vir die wors. Ek is bereid om die duurste een te koop en vir hom te stuur!”