book-icon Uitgawe 27 Mei 2021

Opgekapte liggaam in Vaal: Ma wroeg oor haar kind se laaste dae

akkreditasie
Die polisie wag op die uitslae van forensiese DNS-toetse van die bloed wat in die gastekamer gevind
is om te bepaal of dit aan Yolandi behoort. Foto: Verskaf
Die polisie wag op die uitslae van forensiese DNS-toetse van die bloed wat in die gastekamer gevind is om te bepaal of dit aan Yolandi behoort. Foto: Verskaf

Sy klem die selfoon in haar hande vas asof sy met pure wilskrag die stomme handstuk met ’n boodskap van hoop kan laat biep. Maar niks benewens haar papegaai se geselsies verbreek die doodse stilte hier in die eenvoudige Brakpanse huis nie. 

In haar hart weet die verpletterde Ria van Deventer (59) dat sy nooit weer ’n vrolike teksboodskap of oproep van haar vermoorde dogter sal kry nie. Maar die soveelste keer lees sy daardie laaste WhatsApp-gesprek tussen haar en Yolandi Botes (35) asof dit die raaisel van haar dogter se laaste ure sal oplos. 

Op 26 April, kort nadat Yolandi laat weet het sy het op Johannesburg se O.R. Tambo-lughawe geland op ’n vlug van George af, het sy spoorloos verdwyn. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees