Yskas-speletjie red 2-jarige toe huis aan die brand slaan

akkreditasie
’n Tweejarige seun van Brasilië het homself wonderbaarlik van 'n vlammehel gered toe hy in die yskas weggekruip het terwyl sy ma hom alleen tuis gelos het om elders te fuif.
Die tweejarige het homself gered deur in die yskas
Die tweejarige het homself gered deur in die yskas weg te kruip tydens 'n brand. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die dapper kind se ma is later vir kinderverlating in hegtenis geneem ná hul huis in Cuiaba verlede Vrydag in die vroeë oggendure aan die brand geslaan het.

Gelukkig het die bure die vlamme opgemerk en die brand met emmers water geblus en toe die seuntjie in die yskas gekry waar hy weggekruip het.

Die brand
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Dokters het hom ná die voorval ondersoek en bevind hy het geen beserings opgedoen nie. Toe polisiebeamptes die kind se ma opspoor, was sy saam met haar kêrel. 

Toe hulle haar na die plaaslike polisiestasie neem en ondervra, het sy eers beweer sy het haar seun by 'n vriend gelos terwyl sy gaan werk het, maar het eindelik met die sak patats vorendag gekom en gebieg sy het haar seun alleen by die huis gelos om te gaan partytjie hou.

Die yskas waar die seuntjie weggekruip het.
Die yskas waar die seuntjie weggekruip het. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die kind is daarna in die sorg van die kinderbeskermingsdienste geplaas. Die ondersoek na die oorsaak van die brand duur voort.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe

Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees