Jy kan dadelik sien hoekom dié tiener ’n sleutelrol gespeel het in die oplossing van die raaisel oor Zephany Nurse. 

Sy het dieselfde lang donker hare, bruin oë en pragtige gelaatstrekke – vir Cassidy Nurse moet dit amper gevoel het asof sy haarself in die spieël sien wanneer sy na haar suster Zephany kyk.

Cassidy is die ewebeeld van die jong Suid-Afrikaanse vrou wat wêreldwyd die nuus gehaal het toe sy 17 jaar ná haar geboorte met haar biologiese gesin herenig is. 

Die aangrypende verhaal van die twee dae oue baba Zephany wat in 1997 van langs haar ma se hospitaalbed ontvoer is en toe eindelik as tiener gevind en in 2015 met haar biologiese ouers herenig is, het oraloor die hartsnare geroer.

Maar nie Cassidy of Zephany of Miché Solomon, soos sy gedoop is deur die vrou wat haar gesteel het – was tot nou toe ’n gelukkige einde beskore nie.

Sy het dieselfde lang donker hare, bruin oë en pragtige gelaatstrekke – vir Cassidy Nurse moet dit amper gevoel het asof sy haarself in die spieël sien wanneer sy na haar suster Zephany kyk.

Die susters is deesdae albei vervreem van hul biologiese ouers en sukkel om hul weg in die wêreld te vind, met hul lewens wat vir altyd deur ’n ingewikkelde, pynlike sage geraak word.

Miché is ’n jong enkelma van twee, verskeur tussen die familie wat haar grootgemaak het en die een wie se bloed in haar are vloei. 

Cassidy, wat haar kinderjare in die skaduwee van haar vermiste suster geleef het, het die skool verlaat voor sy haar hoërskoolloopbaan voltooi het.

Die susters het ’n hegte band, maar Cassidy (18) is deur groot vreugdes en diep waters sedert Miché se ware identiteit onthul is. 

En sy is eindelik gereed om haar kant van die storie te vertel, sê sy.

celeste nurse,miché solomon,ontvoering
Die kleine Miché saam met ma Celeste kort ná haar geboorte. Foto: Verskaf

“Ek het altyd geweet die tyd sou aanbreek wanneer ek my kant kan deel. Dis hoekom ek vandag hier is.”

Sy het kleintyd soos “die plaasvervangerkind” gevoel – die dogter wat haar ouers, Morné en Celeste Nurse, gekry het om hul vermiste eersteling te vervang. Dit het gemaak dat sy haar ouers se liefde vir haar betwyfel het, sê Cassidy.

“Ek voel die liefde wat hulle vir my gegee het, was nie eintlik vir my bedoel nie. Daardie liefde was veronderstel om vir my suster te wees.”

Haar ma het haar die eerste keer van haar gesteelde suster vertel toe sy drie jaar oud was, en daarna het haar ouers “amper elke dag” oor Zephany gepraat. “Hulle het haar naam in my kop in­geprent,” sê sy.

Die gesin het elke jaar hul verlore kind se verjaardag met ’n koek en kersies gevier – iets wat Cassidy as sinloos beskou het. 

Sy het kleintyd soos “die plaasvervangerkind” gevoel – die dogter wat haar ouers, Morné en Celeste Nurse, gekry het om hul vermiste eersteling te vervang. Dit het gemaak dat sy haar ouers se liefde vir haar betwyfel het, sê Cassidy.

“Ek het die verjaardag gevier van iemand wat ek nie eens ken nie. Ek het met sommige van die verjaardae gevoel: Hoekom vier ons nog haar verjaardag as sy nie hier is nie? Dit het nie eintlik vir my veel beteken nie.”

Zephany se ewige teenwoordigheid en haar ouers se onvermoë om die groot gemis te verwerk het Cassidy dikwels laat voel sy is alleen en daar is niemand wat haar steun nie.

Celeste en Morné se verhouding het ook daaronder gely en hulle het baie baklei, sê Cassidy. 

“Mense het altyd gesê: ‘O, Morné en Celeste is so ’n wonderlike paartjie.’ Maar ek het dit alles gesien.”

Weens Zephany se verdwyning was die Nurse-egpaar ekstra versigtig met Cassidy en haar jonger broer en suster (nou onderskeidelik 13 en 11). 

cassidy nurse,zephany nurse,ontvoering
Voor Miché opgespoor is, het Cassidy en haar gesin elke jaar Zephany se verjaardag met ’n koek gevier. Cassidy sê sy het hierdie vieringe as sinloos ervaar. Foto: Cape Argus/David Ritchie

As sy langer as 10 minute buite sig was, het haar ma en pa haar kom soek. Sy kon nie eens by die bure se huis gaan speel nie, sê sy.

“Ek kon dit nooit verstaan nie. Ek het nie normale kinderjare gehad nie. Ek het gevoel asof ek nie met my ouers kan praat nie; dat hulle nie sou verstaan nie. Toe het ek dit maar opgekrop en in my kamer gehuil.”

“Ek het vir niemand vertel hoe ek voel nie.” En toe vorm sy die band waarna sy haar lewe lank smag met iemand wat onverklaarbaar aan haar bekend gevoel het...

Cassidy het in 2015 haar hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool Zwaanswyk begin. Eendag, ná tegnologieklas, het sy toevallig verby ’n matriekleerder geloop.

“Ons het na mekaar gekyk en albei gevra: ‘Hoekom lyk jy soos ek?’ En ek het gedink: ‘Hoekom voel ek hierdie vreemde band met jou as ek nie eens jou naam ken nie?’ ”

“Ek kon dit nooit verstaan nie. Ek het nie normale kinderjare gehad nie. Ek het gevoel asof ek nie met my ouers kan praat nie; dat hulle nie sou verstaan nie. Toe het ek dit maar opgekrop en in my kamer gehuil.”

Dit was Miché – haar vermiste suster, Zephany. Maar natuurlik het nie een van die twee dit toe al geweet nie.

Miché en Cassidy het ná hul eerste ontmoeting in die skoolgang onafskeidbaar geword. 

Hulle het elke pouse saam deurgebring, en Cassidy het Miché soms van die kantlyn af aangemoedig terwyl sy aan sport deelneem.

Ja, sê sy, sy het begin vermoed Miché kan dalk Zephany wees, maar het haar nuwe vriendskap met die ouer meisie ’n ruk lank stil gehou.

“Ek was huiwerig om my ouers van my vermoede te vertel omdat ek nie wou hê hulle moes op hol raak nie – wat as dit nie Zephany was nie?

zephany nurse,cassidy nurse,susters
Al is die gesin uitmekaargeskeur deur die tragedie, het Cassidy en Miché steeds ’n hegte band. Foto: Verskaf

“Ek het haar eindelik haar BBM (BlackBerry Messenger)-PIN gevra, en ons het aanlyn begin gesels. Dis toe dat ek my pa van haar vertel.”

Morné wou haar dadelik ontmoet, maar Cassidy het geweet sy moes dinge eers ontspanne hou; sy wou nie vir Miché die skrik op die lyf jaag nie. En toe kry sy een middag die kans om hulle aan mekaar voor te stel.“My pa het my altyd by die skool kom haal,” vertel sy. 

“Miché het oorkant die pad van ons gestaan. Ek het haar oorgeroep en sy het met my pa kom praat. Hy het haar selfs gevra hoekom hy so ’n band teenoor haar voel. Sy het gesê sy voel dieselfde.”

Morné het vermoed die meisie kan dalk Zephany wees en het die Valke in kennis gestel.

Miché het daarna ’n DNS-toets laat doen, wat bevestig het dat sy Morné en Celeste se vermiste dogter is. Miché het Cassidy self met die nuus gebel.

“Miché het oorkant die pad van ons gestaan. Ek het haar oorgeroep en sy het met my pa kom praat. Hy het haar selfs gevra hoekom hy so ’n band teenoor haar voel. Sy het gesê sy voel dieselfde.”

Sy was in twee geskeur, sê Cassidy nou. “Ek was kwaad, want dit sou weer eens nie oor my gaan nie,” sê sy. 

“Maar ek was ook opgewonde, want die kind na wie almal gehunker het, is gevind. Sy was hier.”

“Ek het myself voorberei op wat sou kom. Die kollig sou op haar wees. Sy sou natuurlik tyd saam met ons deurbring, want dis wat my ma en pa wou hê.” 
“Ek het geweet ek sou weer eenkant gestoot word.”

Cassidy het sedertdien leer aanvaar dit was haar “Godgegewe doel” om haar suster te vind, maar sy erken sy het nie altyd so gevoel nie.

“Ek kon aanvanklik nie insien dat God my gebruik het nie, want alles het weer om haar gedraai,” sê sy. “Maar toe besef ek as dit nie vir my was nie, sou sy nooit opgespoor geword het nie. Miché het dit selfs vir my via WhatsApp gesê. “Ek is baie bly ek het haar gevind.”

zephany nurse,cassidy nurse,susters
Hulle stuur gereeld vir mekaar teksboodskappe en geniet dit om saam te gaan fliek of koffie drink. Foto: Verskaf

Cassidy se lewe het ingrypend verander nadat Zephany gevind is. 

Volgens Celeste het Cassidy gedragsprobleme ontwikkel en na die Hoërskool Bosmansdam in Kaapstad se noordelike voorstede geskuif voor sy na die Hoërskool Good Hope in Kuilsrivier gegaan het.

Sy het eindelik verlede jaar, toe sy in gr. 11 was, haar skoolwerk laat vaar en doen nou administratiewe werk vir ’n finansiële maatskappy.

Sy woon die afgelope maand saam met haar kêrel, Steve de Oliveira (20), in Milnerton. 

Hulle het mekaar vier jaar gelede ontmoet en is nou ’n jaar lank in ’n verhouding. Hy het vandag by Cassidy aangesluit vir ons onderhoud. 

Volgens Celeste het Cassidy gedragsprobleme ontwikkel en na die Hoërskool Bosmansdam in Kaapstad se noordelike voorstede geskuif voor sy na die Hoërskool Good Hope in Kuilsrivier gegaan het.

“Steve hoef nie vandag hier te wees nie; hy wou kom,” sê Cassidy. “Hy is die liefde van my lewe.”

Maar haar verhouding met haar ouers het in die slag gebly. 

Cassidy sê hul gebrek aan steun toe sy hulle die nodigste gehad het, en die druk van die afgelope paar jaar, het haar band met Morné en Celeste verwoes.

Die Nurse-egpaar het ’n paar jaar gelede geskei; daarna het Cassidy die meeste van haar tyd in Celeste se huis deurgebring.

Sy beweer die spanning tussen haar en haar ma het ’n paar weke gelede breekpunt bereik toe daar ’n fisieke onderonsie was, en dit het haar laat besluit om uit te trek.

cassidy nurse,zephany nurse,ontvoering
Cassidy saam met haar kêrel, Steve de Oliveira. Foto: Jacques Stander

Sy voer aan Celeste het vir haar name toegesnou en gesê sy is nes haar suster.

“Daar was net te veel dinge. Dit maak seer, want sy’s my ma.”Sy is gelukkiger noudat sy saam met Steve bly. “Met al die onstuimigheid by die huis wil ek nie nou daar wees nie.”

Sy en Miché het steeds ’n hegte verhouding. Die susters stuur gereeld vir mekaar teksboodskappe, en Cassidy het al oorgeslaap by die huis in Lavender Hill op die Kaapse Vlakte waar Miché saam met Michael Solomon woon – die man wat haar grootgemaak het en wat sy steeds “Daddy” noem. 

Die vrou wat Miché as baba gesteel het, Levona, is in 2016 vir 10 jaar tronk toe gestuur nadat sy skuldig bevind is aan die ontvoering van baba Zephany. 

Levona het nooit vir Michael vertel sy het die baba eintlik ontvoer nie.

“Ek het myself voorberei op wat sou kom. Die kollig sou op haar wees. Sy sou natuurlik tyd saam met ons deurbring, want dis wat my ma en pa wou hê.”

Cassidy vertel sy en Miché is steeds na aan mekaar al het hulle nie saam grootgeword nie.

“Toe ek jonger was, het ek soms gedink: ‘Ek wil weet hoe dit is om ’n ouer suster te hê om saam mee te gaan fliek en koffie drink.’ Nou gebeur dit.

“Ons praat oor kêrels, vriende, enigiets. Sy sal my vra wat ek nodig het en ons sê altyd vir mekaar dat ons mekaar liefhet.”

Sy kon aanvanklik nie verstaan hoekom Miché van die goed kwytgeraak het wat in haar onlangs uitgereikte boek, Zephany deur Joanne Jowell, staan nie. 

Maar sy verstaan nou haar suster het eerlik gepraat oor haar ervarings en hoe dit haar geraak het.

cassidy nurse,miché solomon
Cassidy en Miché. Foto: Verskaf

Miché verwys in die boek na Morné as ’n “verlore saak”, en sê sy het niks gemeen met haar biologiese ouers nie. 

Sy sê ook sy het gesukkel om ’n band met haar ma en pa te vorm; hoewel sy die fisieke ooreenkomste kon sien, was dit vir haar moeilik om enigiets vir haar biologiese gesin te voel.

“Sy het ons natuurlik nie geken nie,” verdedig Cassidy haar suster. 

“En die omgewing was totaal anders as die een waarin sy grootgeword het. Toe sy terugkeer, was my ma en pa geskei. Sy kom nie uit ’n gesin waar dit die werklikheid is nie.”

Sy blameer nie vir Miché vir enigiets nie en het niks anders as liefde en empatie vir haar nie.

levona solomon,miché solomon
Miché was twee dae oud toe sy gesteel is deur Levona Solomon, wat haar as haar eie kind grootgemaak het. Foto: Verskaf

“Sy het nie gevra om uit daardie hospitaal gesteel te word nie,” sê Cassidy.

Die tiener het ook geleer om Levona, die steelma wat Miché steeds “Mommy” noem, te vergewe. 

“Dit was vir my moeilik om haar te vergewe vir wat sy aan my hele gesin gedoen het,” sê Cassidy.

“Ek kon dit nie op my eie doen nie – God het my gehelp. Ek het geweet as ek haar nie vergewe nie, sou ek vir haar wys sy het ’n houvas op my.” 

“Maar ek dink nie my ouers sal haar ooit kan vergewe nie.”

Daarvoor is hul wonde veels te diep en die chaos wat nou in hul lewe heers net te groot. 

’n Verdeelde familie
“Ek is siek en sat daarvoor dat hulle my naam beswadder,” sê Celeste oor Cassidy en Miché toe Huisgenoot haar vir kommentaar bel.
“Daardie twee meisies het my moeg gemaak. Ek sal (eendag) vir die wêreld vertel presies wie en wat hulle is.”
Sy is geskok oor Cassidy se bewering dat daar ’n fisieke onderonsie was wat die tiener uit die huis laat trek het.
Sy het vir haar dogter gesê sy moet gaan, sê Celeste, “omdat ek haar gevang dagga rook het en omdat sy oneerbiedig was”. 
Cassidy erken sy het dagga gerook, maar sê “sy doen nie meer sulke goed nie”.
Celeste sê sy was gebroke toe Cassidy uittrek, maar ná verskeie jare van die tiener se ongehoorsaamheid het sy geen ander keuse gehad as om vir haar te sê sy moet haar tassies pak nie.
“Ek het sedert 2014 probleme met haar. Ek het besluit as sy nie van my reëls hou nie, moet sy gaan. 
Cassidy en Miché hou nie van dissipline nie. Maar die Bybel sê as jy jou kind dissplineer, red jy hom van die dood.” 
Dat haar dogters besluit het om oor die gesin se privaat sake te praat, laat Celeste glo dat nie een van hulle die erns van die situasie begryp nie. 
“Hulle verstaan nie watter seer hulle vir my veroorsaak het nie,” sê sy en begin huil.
“En ek het besluit as hulle my nie respekteer nie, gaan ek my hart vir hulle toemaak. Het hulle nie ’n hart nie? Hoe kan jy dit aan jou ma doen?”
Morné Nurse het kortliks met Huisgenoot gepraat en gesê hy “is nie gepla deur enigiets wat Cassidy sê nie”.
Susters verenig
“My verhouding met my suster het oor die jare gegroei,” sê Miché. 
“Ons het ons hoogte- en laagtepunte soos normale susters. Ons gaan tans deur iets baie persoonliks en ek het besef sy het my regtig nodig omdat ek verstaan waardeur sy gaan en hoe dit haar raak. 
Ek ondersteun haar omdat sy my suster is en ek sal dit dwarsdeur haar lewensreis doen.”
Sy begryp Cassidy se besluit om haar kant van die storie te vertel.
“Dis haar storie, haar ervaring van hoe die hele situasie haar geraak het.”
“Dis haar waarheid, haar stem, en ek respekteer dit.”
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.