Hy was ’n dierbare en liefdevolle hondjie wat niks aan jou gedoen het nie.

Ek het al my liefde vir Dexter gegee nadat ek my man en twee kinders aan die dood afgestaan het.

Jy sal nooit besef watter hartseer jy my aangedoen het nie.

Dexter, ek was baie lief vir jou. My liefde vir jou was onbeskryflik groot. Rus in vrede daar in jou hondehemel.

– Dorothy de Kock (84), Witbank