Ek het in trane uitgebars, want op skool is ek self menigmaal verneder, gespot en sommige kere selfs teen die kop geslaan.

“Jou wit rot! Jou albino! Jy’s so lelik, wie gaan ooit met jou wil trou!” is die soort aanmerkings wat ek moes hoor.

Ek het waardeloos gevoel, soms bevraagteken waarom ek dan nou eintlik op hierdie aarde geplaas is.

Vandag is ek ’n vrou van amper 30 jaar oud, maar dit steek nog in my kop vas.

Ek sal dit nooit vergeet nie.

Ouers het geen benul wat in skole aangaan en wat hul kinders moet deurmaak nie. Dit is regtig ongelooflik skrikwekkend, en die boelies moet vasgevat word.

Graag wil ek my simpatie en ondersteuning uitspreek aan die seun wat nie sy hande gelig of kru taal gebruik het nie. Sy ouers kan trots wees.

– Louisa Snyman