Foto ter illustrasie: Gallo images/Getty Images.
Foto ter illustrasie: Gallo images/Getty Images.

My liefste Saru, ’n vlugteling uit Zimbabwe.

Jy het jou man gevolg en skielik het jy drie kindertjies gehad. Hoe het ons gehuil toe jou man geloop en ons op die vloer sit en tee drink het.

Later het jou kindertjies so goed gevaar by ons plaaslike laerskool.

Nadat my ma oorlede is, het jy weer vir my tee gebring en weer sit ons op die vloer en huil.

Saam het ons woordeboeke uitgehaal om mekaar se woorde te leer, ’n koshuis gestig vir die plaaslike skooltjie. En nou is jy ook ma vir soveel ander kindertjies wat hulp nodig het.

Saru, ek mis jou vanaand. Ek wens ek kon jou net hierdie een aand weer by my hê.

Om weer tee op die vloer te sit en drink en ’n drukkie van jou te kry. En om saam oor alles te huil soos ons altyd gedoen het.

Hartseer is daar altyd, my liefste Saru.

Maar jy verteenwoordig sukses, liefde en vertroosting.

Wilna, Limpopo

Skryf aan ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.
  • Jy kan vir ons kort briewe SMS na 36489. Begin met die woord HGBRIEWE. Elke SMS kos R1.