Ek verwys na die skitterspel van ons helde – die Springbokke van Suid-Afrika

Wat 'n skitterende wedstryd.

Die Bokke het hul heel beste vir hul land gegee. 

Selfs mooier is Siya Kolisi se woorde: “Ons kom van verskillende agtergronde, verskillende rasse, en ons het bymekaargekom met een doelwit – en ons wou dit bereik.

"Ek hoop regtig ons het dit vir Suid-Afrika gedoen: om te wys ons kan saamwerk wanneer ons wil, en iets bereik.” 

Ek glo en is daarvan oortuig dat hierdie goue woorde versoening kan verbreed.

Ons land se gewone mense is ons ware helde. 

Ook Rassie Erasmus wys transformasie hoef nie 'n bitter pil te wees nie. 

Hierdie man met sy deernis, veggees en liefde vir sy land, taal en mense is die soort gom wat ons nasie sterker kan maak. 

Welgedaan, Rassie, Siya en al die Bokke.

Ek is vreeslik opgewonde oor die positiwiteit wat julle geskep het. 

- Antoinette Schoeman

Skryf vir ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die ­redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.