In haar oë wou niemand vir haar en haar dogter baklei nie.

Die meisie is verslae, want ma’s is veronderstel om altyd daar te wees. Niemand wil verduidelik van die angs, alleenheid, moedeloosheid en desperaatheid wat haar ma alleen moes verduur nie.

Ander ouers sê harde woorde wat kinders by die skool herhaal. Die meisie hoor dit.

Ek wil pa’s vra om nooit die ander ouer van jou kind “uit te wis” nie.

Jy steel jou kind se toekoms, geluk, geborgenheid, geestesgesondheid en onskuld.

Geen kind verdien om sonder ’n ouer wakker te word weens die gedrag van die ander ouer nie.

Om alleen agtergelaat te word as die “trofee” wat ’n pa in die geveg gewen het, is so verkeerd. Anoniem

Skryf aan ons
E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.