Ná drie maande in die vreemde het ek ’n diepe verlange in my hart na my land en sy mense.

Ek verlang na die vriendelike gesigte in Suid-Afrika. Ek verlang na boerewors en koffie en beskuit. Ek sê nie alles hier in Skotland is sleg nie.

My dogter dra my op die hande. Ons is byna altyd op pad iewers heen.

Ek sien so baie van hul land. Maar dan is daar die ander kant van Skotland. Dit is baie koud. Almal is oorgewig. Ek ook. Want hier tel ’n mens onnodige kilogramme op. Oral waar jy gaan, is soveel gebak en brode om van te kies.

Dan praat ek nie eens van die koek nie. Alles lyk net te lekker om nie te eet nie.

Wanneer ons lus het om te braai, sit ons met die komberse om ons skouers of knieë. Dit is dan wanneer die verlange nog meer word, want een ding wat ek nooit sal vergeet nie, is ’n regte braai op ’n regte rooster.

Lekker braai, my mense!

– Margaret Booysen

Skryf vir ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300