Anoniem, baie geluk aan jou seun wat die gewig afgeskud het (My Storie, 28 Maart). Ek dink dis puik vir ’n 12-jarige.

Ma, jy moet net onthou dat ons, die sportafrigters, soms ’n span moet kies uit 40 tot 50 leerders wat almal ewe goed is.

Jou kind was ’n reserwe. Daar is ander kinders wat nie eens die span gehaal het nie.

Wees dankbaar en leer jou seun en jouself om positiewer oor skole en hul opgeleide personeel te wees.

– Onderwyser wat moeg is vir negatiewe ouers

Skryf vir ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.