Hansie het berou getoon oor die foute wat hy gemaak het en dit in die openbaar op ’n emosionele wyse erken – en daarvoor is hy gestraf.

Maar baie Suid-Afrikaners en buitelandse sportmanne het hom nie vergewe nie en hom bly kruisig al het sommige van hulle ook geld onder die tafel ontvang, maar dit het nie op die lappe gekom nie.

As na die rekordboeke gekyk word, is sy gelyke nog nie gekry nie en het hy ons trots gemaak.

Ek salueer Bertha, Ewie, San-Marie, Hester en Frans wat hom onvoorwaardelik bygestaan het, ook in hul gebede.

– BARRIE MULLER

Skryf aan ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.