Corona, die naam wat die ganse wêreld oornag verander het. Paniek. Onsekerheid.

Ek kuier by Frail Care, besoekers beperk tot een. Dit lyk soos die dood. Dié mense se paniek is groter, want hul lewenspad is soveel anderster. Ek wil nie my kosvoorraad opstapel en agter ’n masker wegkruip nie.

Ek kies om te bid. Dis al. En genoeg. Ons leef nog.

Dan kry ek die boodskap oor die jong man wat vier dae ná ’n ernstige motorongeluk alleen en stil in die hospitaal verjaar. Sy presente vir eers weggepak.

Toe hy nie huis toe kom nie, het sy ma begin soek. Waar soek ’n mens? Hy was reeds in die hospitaal. Onbekend.

Vandag groet hy in die fleur van sy lewe, sonder om sy oë weer oop te maak. Skielik is die virus nie meer so gevrees nie.

Victor Frankl se gewaarwording ná die gruwels van die Nazi-doodskampe was dat hoop die verskil maak. As daar nie hoop is nie, sterf die mens se siel.

– Lynett 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.