My liefste sielsgenoot van 47 jaar is ’n fynbesnaarde vrou met onmeetlike liefde in haar hart.

Vir haar gaan die lewe om liefde, genade en hoop. Maar die belangrikste vir haar is die liefde wat sy mildelik oor haar medemens uitstraal, veral kindertjies in bewaring en eensame bejaardes.

Ek gaan haar beslis vreeslik bederf op Valentynsdag en sommer deur die hele maand van die liefde. Sy glo daaraan dat elke dag uniek is; daarom moet ons elke dag ten volle benut.

Sy het my geleer ons is gemaak om spore van liefde en omgee te los.

Haar sak van liefde wat sy elke jaar maak, is reeds gepak met heerlike eetgoedjies, koeldranke en allerlei lekkernye wat sy vir haar “ooms en tannies” en haar “kindertjies” gaan uitdeel op Valentynsdag.

Sy glo daar is altyd iets spesiaals om aan ander te gee – jouself: Jou glimlag, jou vriendelikheid, jou aanmoediging, jou positiewe energie, jou omgee, jou begrip, jou aanvaarding.

Dit kos jou nie ’n sent nie, maar is goud werd vir ander en jouself.

– ARNOLDUS SCHOEMAN

Skryf vir ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.