Ek is ’n onder­wyser en sien dit self by my eie kinders wat nog in die skool is.

Skop iemand per on­geluk met ’n bal raak, dan word jy as ’n boelie uit­gekryt. 

Jy as ouer het amper geen sê nie. 

As jou kind ’n vak, kwartaal of jaar druip, dan druip hy of sy. 

Maar waag dit net om te kla oor ’n toets wat verkeerd gemerk of opgetel is.

Ek wens ouers wil betrokke raak en vir hul kinders opkom. Niemand anders sal nie. Leer jou kind om vir hulself op te staan. 

As alle ouers vir gehalteonderrig en orde in skole begin opstaan, kan ons weer bo uitkom.