Ek verwys na die briefskrywer wat vertel oor haar verkeerde besluit oor haar eerste liefde en haar daaropvolgende huwelik (Durende liefde tussen sielsgenote, 28 November).

Ek het ook ware liefde in my lewe geken – en dit verloor toe ek ’n verkeerde besluit geneem het.

Oor ’n tydperk van meer as 30 jaar het ons mekaar vier keer weer gesien.

Ons was toe ook reeds albei met ander mense getroud. En ja, ons het ook net gepraat.

Ons het in ons ontmoetings nooit die perke van ordentlikheid oorskry nie – al was dit elke keer weer soos toe ons nog jong verliefdes was.

Die vier ontmoetings, al het ons dit nooit so aan mekaar verwoord of erken nie, was ’n proses om finaal afskeid van mekaar te neem.

Vandag het ek oplaas berusting gevind. Die Here help wel om stukkende harte te genees. 

– Anoniem