Ek is by my sesjarige dogter in die hospitaal. Vandag is die vierde dag van antibiotikum, min slaap, hospitaalkos en moedeloosheid.

Ek het haar nie een oomblik alleen gelaat nie. Ek kan nie anders as om op te merk dit is nie die geval met al die kindertjies in die pediatriese eenheid nie.

Kyk, ek verstaan ek is gelukkiger as ander ma’s wat moet werk. Maar om jou vier maande oue baba hier af te laai en nie eens saans te kom bad nie, is ’n skande.

Jy, ma, doen nie eens die moeite om deur die dag te kom kyk hoe dit met hom gaan nie.

Die hospitaalpersoneel het talle pasiënte om na om te sien en kan onmoontlik die hele dag langs jou siek kind se bedjie staan vir elke klein dingetjie.

Hulle is nie babaoppassers nie. Ek kan nie help om te wonder hoe dit tuis gaan nie.

Kan jy jouself regtig ’n ma noem?

Skryf aan ons

E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.