In die winter wanneer die bibberweer dit soms vir hulle pynlik maak om aan die metaal van gereedskap vas te hou, dra sy warm sop aan.

Wanneer ’n glasding in die huis breek, draai sy die skerwe in drie lae koerantpapier toe sodat die vullisverwyderaars se hande nie gesny word nie. Sy deel hoedjies aan die bedelaars by verkeersligte uit, want dit breek haar hartdat hulle daglank so in die son moet staan terwyl mense in lugverkoelde motors verby skuif.

Soms laat val sy ongemerk ’n R100-noot op die grond langs ’n karig besoldigde werker, net om dan kamma-verbaas aan die mens te sê: “Haai, kyk wat lê hier, vat dit vir jou, want optelgoed is hougoed!”

As daar tog maar net meer mense soos sy was, dan was die wêreld al klaar ’n beter plek.

Kom ons volg almal haar voorbeeld in 2021. Kom ons wees almal sy´.

ANONIEM

Skryf aan ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.