Ek glo glad nie aan die naam stiefma of stiefpa nie. So ek wil nie na myself as een verwys nie.

My man het ’n 11-jarige seun. Ek en die seun is baie lief vir mekaar. My man werk skofte; daarom kom die seun kuier wanneer dit gepas is.

Die tienerstreke begin nou kop uitsteek. Daar word soms so baklei dat ek eerder in my kar klim en ry of buite gaan sit. Ek besluit toe om ’n baie mooi e-pos aan die ma te stuur. Die rede is dat ons saam dieselfde dissipline en reëls in ons huise het of probeer hê.

Ek kry ’n lelike e-pos terug waarin sy my mooi laat verstaan ek het my kinders klaar grootgemaak; sý sal haar kind grootmaak. Moet ek net agteroor sit en toelaat dat die kind maak soos wat hy wil?

Hoekom kan die stiefkind se ander ouer nie dankbaar wees vir die liefde wat ons hul kind gee nie? Hoekom kan hulle nie waardeer wat ons vir die kind doen nie?

Ek is lief vir jou kind.

Sommer net ek

Skryf aan ons
E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.