Toe Amanda Shivamba (32) van Centuriuan die liefde van haar lewe, Humphrey Shivamba (33), die jawoord gee, het sy gedink die huwelik sou maklik wees. 

Maar haar lewe en beskouings het verander toe sy haar vier pragtige kinders, Lelo (5), Lelani (4) en die tweeling Langavi en Luvani (8 maande) gehad het, wat sy erken haar huwelik in ‘n “emosionele wipwa” verander het.

Al het die ma van vier, wat ’n blog met die naam MotheringMe begin het, hoogte- en laagtepunte beleef, is sy en haar prins op ’n wit perd steeds dolverlief. 

Hier is haar storie:

“Ek en my man is vyf jaar, ses maande en 24 dae getroud . . . maar wie tel? 

Ek moet erken, toe ek getrou het, het ek gedink hoe moeilik kan dit wees? Elke dag langs jou beste vriend wakker word, die rekeninge verdeel en ’n paar babas maak. 

Ja, daar sou ’n verskil hier en daar wees, maar dit het geklink of dit maklik sou wees. 

Ek het my ons 50ste huweliksherdenkingsviering voorgestel nog voor ons voor die kansel gestaan het! 

Humphrey, Amanda, Lelani, Lelo, Langavi en Luvani. Foto: Verksaf.

Ek was seker dit was nie so erg soos mense dit uitgemaak het nie; ek was seker mense wat geskei is, het dalk net nie hard genoeg probeer nie; of dalk het hulle met die verkeerde mens getrou; of dalk het hulle net nie geweet wat hulle doen nie. 

Maar ek en my liefie, ons was vir die lange duur daarin, ons het die trouding onder die knie gehad, of so het ek gedink . . . 

Niemand het vir my gesê dat wanneer jy trou sal jy van aangesig tot aangesig met dele van jouself kom wat jy nie geweet het bestaan nie. Niemand het vir my gesê dat wanneer jy ’n klompie kinders bygooi, kan die huwelik in ’n emosionele wipwa verander nie.

Niemand het vir my gesê dat jou eggenoot jou meer as enigiemand in die wêreld sal seermaak nie, want jy het vir hulle die diepste en kwesbaarste dele van jou siel gegee.

Amanda en Humphrey Shivamba. Foto: Verskaf.

Niemand het vir my gesê jy sal oomblikke beleef wanneer jy aan jouself en jou besluit om te trou twyfel en dat jy dit dalk elke af en toe sal oorweeg om jou man in stukkies op te kap en dit in die agterplaas te begrawe nie. 

Nadat ons ’n paar jaar getroud was, ná verskeie verskille, dooiepunt-stilstuipes en ontsettend baie soen en opmaak, het ek besef die huwelik is nie net ’n keuse wat ek op ’n noodlottige dag gemaak het nie, dit is ’n besluit wat ek elke dag moet maak, ’n besluit om lief te hê selfs wanneer my man nie beminlik is nie.

’n Besluit om te vergewe wanneer wrokkigheid soveel makliker is. ’n Besluit om toegeeflik te wees selfs wanneer ek ’n ander uiteinde begeer het, ’n besluit om te kommunikeer wanneer stilte na die beter keuse lyk.

Foto: Verskaf.

’n Besluit om elke dag kwesbaar met my emosies te wees. ’n Besluit om te leer en te onderrig, ’n besluit om jouself uit te daag om tot ’n groter en beter mens te groei. Dit was ’n besluit om ’n vrou, ’n vriendin, ’n verpleegster, ’n ma, ’n gebedstryder, ’n sakevennoot en ’n metgesel vir iemand op hierdie lewensreis te wees. 

My man het die minder goeie, die slegte en die aaklige kant van my gesien en het tot my diepste onsekerhede en my grootste vrese toegang. Hy het my deur van die donkerste tye in my lewe gedra en hy het my gehelp om wonde te genees wat gevorm het jare voor hy my eens geken het. 

Niemand het vir my gesê ek kon so openlik en kwesbaar met ’n ander mens wees nie. Hy kies my bewustelik elke dag ondanks my tekortkominge en al verloor ek af en toe kop!

Ons daag mekaar uit om beter weergawes van onsself te wees en om die duiwels in ons binneste aan te vat. Ons kies om die beste in mekaar te sien en om die ander een gereeld aan te moedig dat ons berge kan verskuif en dat ons die krag in ons het om te vlieg. Ek is sy grootste rasieleier en hy myne! 

Ek het altyd gedink sielsgenote beteken julle is eendersdenkendes, twee pasmaats, ’n verhouding wat bestem was.

Maar nou weet ek my man is my sielsgenoot, nie omdat ons vir mekaar bedoel was nie, maar omdat ons elke dag kies om mekaar se sielsgenoot te wees, ons kies om lief te hê, ons kies om te vergewe en ons kies om te bly. 

Foto: Verskaf.

Ek en my man weet albei ons is ’n werk wat voortdurend onder hande is. 

Ons albei verstaan ons sal foute maak, maar ons het mekaar reeds vergewe vir foute wat nog nie gemaak is nie. Ons verstaan ons is twee baie verskillende individue wat gekies het om die reis saam te stap. 

Daarom verstaan ek hoekom niemand my sekere goed oor die huwelik vertel het nie; dis omdat ’n sprituele reis nie geleer kan word nie, dit moet ervaar word. 

Wat ek wel weet, is dat jy die huwelik skep wat jy wil hê, jy belê daarin, jy leer daaruit en jy stort jou bloed, sweet en trane daarin. Dit sal jou op maniere laat groei wat jy jou nooit voorgestel het nie, en dit sal die diepste skeure van jou siel vervul.

Jy is die argitek van jou eie huwelik, en elke af en toe kry jy die kans om om jou kyk en jou oor die pragtige kompliksiteit daarvan verwonder.”