Hy het ’n oop gesig met sagte oë en is lief vir diere.

Ek mis geselskap en besluit om die vriendskap ’n kans te gee. Kort voor lank begin hy sy liefde aan my verklaar.

Ek kry snuf in die neus. Ek probeer hom uitvang.

Ek vra ’n foto waar hy in sy kantoor sit en sy duim ophou. Hy stuur dit en dit lyk soos hy.

Die volgende oomblik sê hy hy wil kom kuier. Maar ek moet R60 000 vir sy verlofsertifikaat betaal. Ek blok hom.

Ek kry ’n video-oproep sodat hy kan bewys dit is hy. Ek ignoreer die oproep. Hy begin my slegsê en vloek. Hy dreig my met die dood.

Vroue, wees versigtig vir bedrogspulle. Die oomblik as hy geld vra, moet jy weet.

– Anoniem 

Skryf vir ons
  • E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
  • Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
  • Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
  • Die skrywer van die wenbrief kry R300.