Toe daar niks meer is om te skrop nie, lees ek al my Huisgenote ’n tweede keer deur. Klaar gelees; wat nou? My suster leen my haar eksemplaar van Nataniël se boek Kaalkop.

En ek geniet dit so dat ek elke hoofstuk twee keer lees om dit uit te rek. Ons het mos baie tyd . . .

Nataniël laat my vergeet van die virus en obses­siewe skoonmaak. En ek voel so gelukkig dat ek Nataniël kon ontmoet en op sy Kaalkop-planeet van die virus kan ontsnap. 

Dankie, Nataniël, vir jou wonderlike beskrywings en pittighede. Ek wil jou boek nooit weer neersit nie. Mag jy geseën wees. 

LIANA