Nou is dit vir my, self al ’n ouma, so wonderlik om in hul vreugde te deel met die geboorte van hul eie kinders; nou weer met Meghan en Harry.
Ons as lesers word bederf met die mooiste foto’s, en dit laat ’n mens deel voel van die hele opgewondenheid en vreugde rondom alles.
Harry en Meghan bring ’n wending en nuwe gevoel na die Britse koningshuis wat wonderlik is om te sien. Om hulle in die media te volg voer ’n mens ’n bietjie weg van die harde werklikheid en alledaagsheid van jou eie bestaan.
Baie mense deel dalk nie in my sentiment nie, maar vir my is dit soos ’n blinkmooi, skitterende sprokiesvervolgverhaal. Klein Archie is ’n bevoorregte seuntjie om die jongste hoofstuk van hierdie verhaal te wees.
– Limè, Hermanus
- E-pos hgnbrief@huisgenoot.com.
- Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie.
- Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie.
- Die skrywer van die wenbrief kry R300.
- Volg Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook, WhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET