Bertus Preller (56), egskeidingsprokureur. Foto: G
Bertus Preller (56), egskeidingsprokureur. Foto: Gallo Images/Jacques Stander

Bertus Preller (56), egskeidingsprokureur

Daar is ’n enorme ­spike in egskeidings. Vandat die lockdown verlede jaar Maart begin het, is daar is ’n rekordgetal egskeidings in die land.  Ons was nog nóóit so besig nie.

Gewoonlik is ons besig ná elke Desembervakansie. Dan vir die eerste drie maande van die jaar kry ons heelwat egskeidings wat deurkom. Maar toe gebeur die lockdown, en die probleme wat huwelike dalk voor die tyd gehad het, is nou skielik onder ’n vergrootglas gesit en het erger geword.

Mense het van die huis af begin werk, die kinders gaan minder skool toe en paar­tjies sit saam vas in die huis.

’n Mens kry nog baie regspraktisyns wat daardie emosies van die kliënt uitbuit. Ouens wat die egskeiding aanvuur met ’n baie meer vyand-agtige benadering. Hulle stel nie mediasie voor nie.

Een kliënt het anderdag vir my gesê dit voel soos om in ’n tronk te wees saam met ’n persoon wat sy nie kan verdra nie.

Teen die tyd wat mense by my opdaag, mans en vroue, is hulle heeltemal in ’n toestand. Hulle is kwaad, hartseer, emosioneel en neem nie rasionele besluite nie. Baiekeer wil hulle net die ander persoon terugkry en dan vergeet hulle om die kinders eerste te stel.

Maar dit hang eintlik van die prokureurs af hoe die egskeiding gaan verloop.

’n Mens kry nog baie regspraktisyns wat daardie emosies van die kliënt uitbuit. Ouens wat die egskeiding aanvuur met ’n baie meer vyand-agtige benadering. Hulle stel nie mediasie voor nie, want hulle wil die egskeidingsproses uitrek, wat dit dan duurder gaan maak vir die kliënt.

Vir my is dit wonderlik om te sien hoe iemand voor my sit . . . Hulle is kwaad en dink nie reguit nie, en soos wat ek die pad met die persoon stap, sien ek hoe hulle verander. Hulle raak rustiger oor die hele egskeiding en dink meer logies. En as daar kinders betrokke is, word hulle eerste ­prioriteit, want die doel is nie meer om die ander persoon terug te kry nie.

Bertus Preller, ­familiereg- en egskeidingspro­kur
Bertus Preller, ­familiereg- en egskeidingspro­kureur, sê hy was nog nooit so besig soos die afgelope jaar nie. Hy woon saam sy vrou, Liesl, op Melkbosstrand. Foto: Verskaf

Ek probeer altyd die kinders in gedagte hou, omdat ek self deur ’n egskeiding was en ek gesien het die effek wat dit het. Dit het ’n enorme groot invloed op kinders.

Ek was 13 jaar getroud toe ons skei. Dit was vinnig afgehandel. Ons het ’n seun en dogter saam. My dogter het toe later by my gebly en ek het haar grootgemaak; my seun was al ouer.

Ek het nie gedink ek sal ooit weer trou nie. As jy deur ’n egskeiding is, voel dit of jy nooit weer in ’n verhouding wil wees nie. Maar toe ontmoet ek vir Liesl. In die Kaap by die opening van ’n restaurant. Ek was halsoorkop verlief op haar. Maar waarom weer trou?

Want ’n persoon kom op ’n ouderdom wat jy daardie standvastigheid soek en sy het my asem weggeslaan. Maak dit sin?

Bertus en Liesl Preller. Foto: Verskaf
Bertus en Liesl Preller. Foto: Verskaf

Ná al die egskeidings wat ek al gedoen het, kan ek met sekerheid sê: In ’n verhouding moet mense boesemvriende wees. Ja, dit is nie al wat ’n verhouding aanmekaar hou nie – daar is baie fasette – maar om vriende te wees is baie belangrik. En ek dink die groot catch is om deur die jare, soos wat mens ouer word, sáám by mekaar aan te pas.

Een moenie agter raak nie. Doen dinge sáám – sonder die kinders.

Soms spandeer die man meer tyd by die werk of op die gholfbaan as by die huis. Of die vrou is meer by haar kinders as saam haar man. ’n Huwelik is harde werk, en mens moet eindelik ’n balans vind.

Ek probeer om soveel moontlik vir Liesl op ’n date neem – net ek en sy. Dinge soos dié sal altyd bo my werk kom.

My ouers is hierdie jaar 60 jaar getroud. Hel, ek weet nie wat hulle geheim is nie.

Hy reken die geheim vir ’n suksesvolle huwelik is
Hy reken die geheim vir ’n suksesvolle huwelik is om mekaar se beste vriende te wees. Foto: Verskaf

Ek hoor soms die ou mense sê hulle het nog nooit daaraan gedink om te skei nie, maar hulle het wel al daaraan gedink om die ander persoon dood te maak.

Maar my ouers is ’n absolute team en staan mekaar nog altyd by. My ma sou nooit een ding vir ons as kinders sê dan sê my pa later iets anders nie.

Sestig jaar is ’n baie lank tyd, nè? Dalk is dit omdat hulle boesemvriende is . . .

Toe ek ’n kind was, was daar ’n program op TV, Beste professor. Dit was ’n Amerikaanse program wat oorvertaal was in Afrikaans. Dit het gegaan oor ’n prof wat klas gee vir regstudente.

Ek het dit oor en oor gekyk. En dáár is die saadjie by my geplant om regte te gaan studeer. Maar daar was ’n probleem.

Ek het in Bloemfontein in die Vrystaat skoolgegaan. Ek was by Grey Kollege en daai jare was rugby vir ’n matriekseun baie belangriker as om voor die boeke te sit. My punte was nie baie goed nie. Ek was baie lui voor die boeke; sport was my alles.

Ek het bekende rugbyspelers al verteenwoordig, en televisiepersoonlik­hede. Maak nie saak wie jy is nie, almal sukkel iewers in hulle lewe.

Universiteit was nie vir my maklik nie. Daar was ontsettend baie navorsings-, lees- en leerwerk, en sport was steeds my fokus. So voor die boeke was ek nie baie goed nie, maar as iemand voor my sou sit, sal ek presies onthou wat daardie persoon vir my gesê het.

Toe ek aanvaar word by Kovsies was my ouers verbaas – ek ook! Maar hulle was baie trots.

Vandag doen ek alle tipe egskeidings, kinders wat deur die een ouer na die buiteland ontvoer word, en verskeie toesig­sake. Ek het bekende rugbyspelers al verteenwoordig, en televisiepersoonlik­hede. Maak nie saak wie jy is nie, almal sukkel iewers in hulle lewe. En ek sien dit in mense se huwelike.

Nadat ek self geskei is waar kinders betrokke was, wou ek voltyds in familiereg ingaan. Ek probeer dinge op ’n vreedsame manier uitsorteer, met so min as moontlik bakleiery. Want kinders sien alles. Konflik tussen ouers is nie goed vir kinders nie.

Ek het al erge dinge gesien.

’n Man het vermoed sy lewensmaat verneuk hom, toe laat sit hy 25 kameras in en rondom die huis om bewyse te kry. ’n Ander ou het vermoed sy vrou het ’n affair, toe sit hy spyware op haar foon om al haar boodskappe te lees, haar oproepe te record en haar bewegings dop te hou.

Deesdae is dit nie ’n kwessie of dit die man of vrou is wat die verneukwerk doen nie. Ek het al gesien. Dit kom van albei kante; albei het affairs. Dis ’n stigma dat dit net mans is wat op hul maats verneuk.

Maar die een wat my altyd bybly, is die vrou wat op ’n erotiese webtuiste gegaan het onder ’n valse profiel. Sy het toe ook ’n lid daarvan geword en daar met haar eie man begin chat en hom gevra om foto’s te stuur. Dit was ’n lelike egskeiding. Sy het al sy klere met ’n skêr in stukke opgesny.

Deesdae is dit nie ’n kwessie of dit die man of vrou is wat die verneukwerk doen nie. Ek het al gesien. Dit kom van albei kante; albei het affairs. Dis ’n stigma dat dit net mans is wat op hul maats verneuk.

Ek weet van ’n saak waar ’n vrou met vyf mans ’n affair gehad het gedurende haar huwelik. En abuse kom ook van albei kante – fisies, verbaal en finansieel.

Dit kan soms moeilik wees om met al hierdie stories te doen te kry en dan saans huis toe te gaan. Maar ek moet eenvoudig klinies en objektief wees oor my sake.

Trou vir die regte redes; wees regtig lief vir iemand; dit moet jou beste pel wees; sien vooraf watter leemtes die persoon het en besluit of jy daarmee sal kan lewe.

Darem praat ek in die aande met Liesl oor allesbehalwe werk. Ek bespreek ook nie my werk met my kinders nie. Ek wil nie hê hulle moet dink ’n huwelik is net sleg nie.

Maar die dag as my kinders wil trou, gaan ek hulle ’n goeie talk gee. Hulle moet weet: Trou vir die regte redes; wees regtig lief vir iemand; dit moet jou beste pel wees; sien vooraf watter leemtes die persoon het en besluit of jy daarmee sal kan lewe. Niemand trou met die idee om eendag te skei nie.

Ek het nou ’n kliënt van 70 wat haar lewe lank getroud is en nou wil skei omdat haar man ’n verhouding het. Dinge gebeur. En verhoudings draai anders uit as wat jy kon dink.  

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe