Dit is 1985 en ’n drag slae vir ons o.16-krieketspannetjie lyk onvermydelik.

Ons teenstanders het nog vier paaltjies oor en moet net een lopie slaan om die wedstryd te wen, want die tellings is reeds gelykop.

Ek begin die laaste boulbeurt, ses balle, afstuur. Uit die hoek van my oog sien ek hoe ons skoolhoof al in sy motor klim en ry.

Ons kan mos nie wen nie.

Maar toe word ons teenstanders se laaste paaltjie in daardie laaste boulbeurt platgetrek – sonder dat ons ’n lopie afstaan.

Wow, daardie gelykopuitslag was vir ons soos die beste oorwinning ooit. Against all odds.

Vir die eerste keer in my lewe is ek op mense se skouers van die veld afgedra – spesiaal vir my, want ek was nie so ’n goeie speler nie. Dit was net deur genade.

Die skoolhoof het waarskynlik die wedstryd van sy lewe misgeloop.

Onthou – al lyk dit vir jou in hierdie lewe onvermydelik dat jy gaan verloor, is die wedstryd nie verby voor die laaste bal geboul is nie.

Wie weet . . . Jossa.

Skryf aan ons
E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.