Ross Hunt, ’n pa-blogger, het sy hartroerende verhaal op sy webtuiste, Isablog, gedeel oor sy haat vir sy dogter en sy stryd teen depressie ná haar geboorte.

“Dit het ’n paar weke geduur om regtig in te sink. Maar ek was depressief. Ek was al tevore hier, ek weet hoe dit voel, maar ek het nooit gedink ek sou so voel oor my eie dogter nie.

“Dit was verskriklik moeilik om te erken. As iemand sou aanbied om haar weg te neem sou ek dit met graagte aanvaar het.”
- Ross Hunt

“Die gevoel het ’n paar maande geduur. Gelukkig vir my, as ’n mens dit geluk kan noem, sukkel ek al jare met depressie en ek weet dat ek maniere kan vind om dit draagliker te maak. So dis wat ek gedoen het met Isabelle. Ek het maniere gevind om kop bo water te hou.

“Ek het geweet dit sou tyd neem, maar ek het geen ander keuse gehad as om te probeer nie.”

Ross gaan voort om te beskryf wat hy alles probeer het om ’n sterker band met sy kind te vorm.

“Ek het alles gedoen wat ek kon. Ek het haar doeke omgeruil, met haar gespeel, ek het selfs dat sy bo-op my slaap, maar steeds het ek niks gevoel nie. Toe ek teruggaan werk toe, het ek geleidelik beter begin voel.

“Ek het tyd gehad om oor sekere dinge te dink en om nie te voel asof sy konstant iets van my vereis nie."

“Dis ongelooflik moeilik om iemand lief te hê wat soveel van jou neem sonder enige gedagte om dit terug te gee. Die probleem is mens is nie veronderstel om so te dink nie. Jy is veronderstel om hulle lief te hê maak nie saak wat nie.”

Ross eindig sy inskrywing deur te sê sy dogter is die ongelooflikste ding wat ooit met hom gebeur het.

“Dis moeilik. Jy moet leer om hulle lief te hê. Dis nie altyd iets wat onmiddellik gebeur nie; soos baie verhoudings neem dit tyd om dinge te laat werk.

“Dit gaan beter raak. Ek kan nie vir jou sê wanneer nie, maar die tyd gaan kom wanneer jy dit voel – jy moet net aanhou baklei daarvoor.”

Bronne: Mirror, Isablog