Ek kyk na ’n foto wat op ons skool se 40-jaarreünie geneem is.

Die man wat in die middel voor sit, het my drie jaar lank geboelie. Ek is kwaad vir myself omdat ek toegelaat het dat hy my elke dag met venynige woorde afknou.

Die ergste was die vernedering omdat my klasmaats dit altyd kon hoor. Dat hulle stilgebly het, het my laat glo hulle stem met hom saam.

Vandag weet ek ek moes dit glad nie toegelaat het nie. Of ek moes ten minste nie toegelaat het dat dit my emosioneel soveel beïnvloed het nie.

Jare lank het ek gely onder die woorde wat my toegesnou is. Ek het daardie woorde gereeld in my gedagtes laat herleef.

Dit was óf my introversie óf miskien my trots wat gemaak het dat ek niemand ooit daarvan vertel het nie.

Mnr. D, ek het jou jare gelede reeds vergewe. Maar dit het veel langer geduur vir die wonde om te genees.

Soms val ’n klein rofie steeds af . . .

Anoniem, Noord-Kaap.

Skryf aan ons
E-pos hgnbrief@huisgenoot.com. Briewe moenie langer as 200 woorde wees nie. Menings wat hier gelug word, is nie noodwendig dié van die redaksie nie. Die skrywer van die wenbrief kry R300.