Dankie aan Camilla Neelse dat sy die moed gehad het om haar storie te deel (Help, my borste bly groei, 1 November).  

My bragrootte is 40H. Ek word heeltyd weens my gewig weggewys.

Ek het reeds ’n rug- en nekoperasie gehad. Albei spesialiste is dit eens dis as gevolg van my borste.

My mediese fonds raak uitgeput van al die doktersbesoeke weens die pyn in my rug en skouers en hoof- en nekpyn.

Hoewel ek in die polisie werk, kan ek nie buite werk nie, want my koeëlvaste baadjie pas nie oor my borste nie.

Ek verduur daagliks pyn en het al langer as ’n jaar sere op my bors wat net groter word. Pynstillers en antibiotika help darem.

Ek verafsku my liggaam.

– Moedeloos