Berene Sauls (37), wynmaker

Wingerde rus op die oomblik. Dan moet dit weer warm begin raak – lente.

En dit mag maar reën. Dit moet net nie baie warm raak nie, want dan is die wingerd confused.

Verlede jaar kon ek 16 hektaar grond kontant koop om pinot noir- en chardonnay-druiwe te verbou.

Voor dit moes ek druiwe aankoop om my wyne te maak.

Nou kan ek amptelik begin boer.

Ek en Julius Caesar deel ’n geboortedag: 12 Julie.

My ma het kleintyd gesê ek is voorbarig, maar eintlik wat sy bedoel het, is dat ek nie skaam is nie; dat ek selfvertroue het.

Ek het grootgeraak hier op die dorpie Tesselaarsdal tussen Caledon en Hermanus.

Dis sowat 24 km noordoos van die Hemel-en-aarde-vallei.

My familie het met die paadjie oor die berg Stanford toe gestap om daar handel te gaan dryf in wat hulle kon maak en groei.

Almal het maar hier ’n boerebestaan gemaak. Die dorpie se bestaan lê by die setlaar van die Oos-Indiese Kompanjie Johannes Tesselaar.

Hy was ’n kaptein in die Kaapse kavallerie en is betaal met grond en agt Khoisanslawe.

Toe hy in 1810 oorlede is, het hy die plaas en sy geld nagelaat aan die bevryde slawe. Hulle het met mense van buite getrou, en dis hoe Tesselaarsdal ge-populate is.

My ma, Ree Julies, is ’n afstammeling van daai slawe.

Sy en my pa, Brian Sauls, van Elim, lewe steeds daar. Die etiket en verpakking van my wyne is gebaseer op my tuisdorp.

’n Designer van Kaapstad het dit vir my geïllustreer van foto’s van Tesselaarsdal wat ek geneem het van die werklike bergreeks en ook twee figure wat oor die berg loop – my ma en ouma wat gaan handel het in Stanford op Sondae.

My ma was baie ambitious en wou nie in ’n kombuis bly werk op ’n plaas in die omgewing nie.

Sy het geld geleen by ’n ryk, bruin man en vir ’n onderwyseres gaan studeer by die kollege in Worcester.

Sy ontmoet toe my pa toe sy begin werk het in Caledon. Hy het trokke gery. Langpad-haulage.

Toe ek gebore is, was hy al 10 jaar lank ’n ambulansman. Hy is nou 68 en werk vir die afgelope sewe jaar by Wolf Trucking.

My ma het ook nog gewerk tot sy 65 geword het in Mei. By Matroosberg in Belhar. Extension 13.

Seker die rofste gedeelte op die Kaapse Vlakte. Voor dit het sy op al die plase in die omgewing skoolgehou. Ek het saam met my ma getrek.

My ouer broer, Ricardo, en ouer suster, Melissa, het by my pa gebly op Tesselaarsdal, daar in ons huis.

Eers was ek en my ma op Diepgat, toe kosskool in die Emil Weder-skool op Genadendal, tot by Swartberg Hoërskool, waar ek matriek klaargemaak het.

Ek hou daarvan om die geskiedenis van plekke op te soek en stambome na te gaan.

Baie op Tesselaarsdal het groen of blou oë; lig van kleur en gladde hare. Op skool wou ek baie graag in die gevegsdiens wees. My ma is baie militêr. Sy het my bitterlik streng grootgemaak.

Ek dink dis hoe haar ma, Rebecca Swarts, ook was. Sy moes help boer met bokke.

Hulle het daarmee ge-trade vir suiker, meel, eiers en sulke goed.

Hulle het daardie staproete oor die berg gevat wat vandag ’n mountain bike-roete is Stanford toe.

My klere in my kas moes netjies opgevou wees, jou bed moes mooi opgemaak wees, jy het sekere take gehad wat jy moet doen.

Toe ek nou klaar is met matriek, het ek aansoek gedoen om weermag toe te gaan by Philippi by Kaapstad.

Terwyl ek wag vir terugvoering, was ek op 19 au pair by die Hamilton Russell Vineyards.

Ek het alles by die weermag deurgekom, behalwe die toets waar ek ’n wit blokkie by ’n swart blokkie moes sit.

Daai is die geluk in die ding, anders het ek my hele talent ge-waste . . .

Ek was ’n au pair vir ’n maand, maar toe werk dit nie te lekker uit nie.

Ek dink ek was, soos my pa, baie streng met die vier kinders om hul beddens op te maak as hy seven o’ clock móés opstaan.

‘Ek wou net weet wat gaan aan in die bedryf. Hoekom kos wyn so baie?’

Anthony Hamilton Russell het gesien ek vat my werk baie ernstig op.

Hy het gesê: “Look, you are very bright. Why don’t you help out in the office?

Dit was Februarie 2001.

Ek vra toe hoekom kos wyn so baie? En is daar ook net wit- en rooiwyn? Ek kom uit ’n gemeenskap waar mense net bier drink of mos, weggooiwyn.

Anthony sê toe eerder dat hy die prosesse verduidelik, hoekom sit ek nie hand by in die kelder by die wynmaker nie?

Ek het begin deur ’n paar pype rond te sleep, samples van die wyn te trek en ook te help met admin en technical.

Ek wou nie useless wees nie en het begin forklifters ry en kry toe lisensie daarvoor.

Ek lei vier ander vrouens daarin op. Ek begin ook help met die botteleringmasjien.

Ek kry ’n span van ses vroue om die labeling te doen en verpakkinglogistiek.

Ek raak ook betrokke by bestel en voorraadbeheer.

Die proekamerbestuurder het in daardie tyd bedank – ek was toe 18 – en ek moes hardloop tussen daar, die kelder, die stoor en die kantoor.

Daar was ook ’n wine introductory crash course hier naby op ’n plaas.

Ek gaan val toe sommer ook daar in. Ek wou nie onnooslik lyk as dit kom by die actual harvest nie.

Ek wou net weet wat gaan aan in hierdie bedryf.

Hoekom kos goeie wyn so baie?

Hoekom is die Hamilton Russells so posh?

Twee maal ’n week – op ’n Dinsdag- en Donderdagaand – ry ek deur na die Universiteit van Stellenbosch toe.

Hulle het daar proeë aangebied as deel van die Nederburg Auction en die Cape Wine Academy.

Ek het aan die begin baie gesukkel om wyn te proe. Ek kon dit nie verstaan nie.

Eers ná die tweede, derde jaar kon ek agterkom wat ek proe.

Elke harvest het ek gehelp met dinge soos wyn oortap en tenks skoonmaak binne.

In 2001 het ek ook met uitvoerlogistiek begin en het – omdat ek nie kon slaap nie – deur Unisa business management gedoen en ook studeer in customs en excise.

Ek het toe bly proe en proe en bly groei.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

In 2003 was ek die eerste bruin vrou – dit kan jy nou maar sê – om die beurs te wen om na Londen toe te gaan na ’n wine and spirits show.

Elke wynplaas kon iemand nominate. Ek is gekies tussen 118 inskrywings.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Ek kan nie veel van daardie trippie onthou nie, want ek was so nervous. In September verlede jaar was ek weer in Londen met my eie wyn en het toe Big Ben soos vir die eerste keer gesien . . .

In 2014 het Anthony gemeen daar is nie meer plek vir my om verder te groei nie.

“Hoekom maak jy nie vir jou ’n vaatjie wyn hier in ons kelder nie?

Maar jy moet jou eie druiwe kry en jou eie besigheid vasmaak. Ek sal jou help met geld vir die startup.”

Ek hoef nie eers te gaan nadink nie, vertel ek hom.

Ek wil my besigheid Tesselaarsdal noem omdat dit so ryk geskiedenis het.

Al wat ek uit die Hemel-en-aarde-vallei geken het, was pinot noir en chardonnay.

Dit was waaraan my pallet gewoond was; dit was wat ek geken het.

Ek het ’n druiwekontrak met die Babylon Vineyards gesluit. Ek het aanvanklik 1 ton gekoop en met ’n team ingegaan om dit te sny.

Dit het sowat 1 202 bottels gelewer.

Ek begin dit toe op al die wynskoue wys waar Anthony ook sy wyn wys.

Ek vat dan ’n bottel onder die tafel saam en sê: “But I also produce this wine.

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Ek kry toe name van privaat mense wat belangstel.

Met Hemel-en-aarde se Pinot Noir Celebration in 2016 gee Anthony my toe ’n tafel met my eie bottels.

Dit was nog voor ek eens ’n label gehad het.

Op daardie skou was daar ’n ou wat ’n photo en info van my gevat het.

Seker so twee ure later begin ek e-posse en WhatsApps kry.

In haar eie wingerde op die stuk grond wat sy pas
In haar eie wingerde op die stuk grond wat sy pas kontant gekoop het, gaan sy eindelik ’n wynboer ook wees. Foto: Verskaf

Almal soek wyn, en dis al die prominente plekke in Kaapstad en Johannesburg – van die voorste restaurante.

Ek het nie geweet wat gaan aan nie . . . Ek lewer tot vandag toe nog aan van daardie plekke.

My wyn het vlerke en gaan ook na plekke soos Amerika, die UK, Suid-Korea, Nederland, Noorweë, Japan . . .

Ek kan nou proe wat ek moet proe, maar leer nog elke dag. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe