GILLIAN VAN OUDTSHOORN (58), EIENAAR VAN ’N KATHOTEL 

Toe ek ’n kind was, het ons elke Kersfees en elke Paas­naweek gaan vakansie hou en in ’n hotel gebly. So het ek gefassineer geraak met hotelle. 

Die groot swaaiende deure wat na die kombuis lei, die skoon wit linne, die aandetes en die Kerspartytjies. Ek was mal daaroor.

Ek besluit toe om ná skool in die hotelbedryf te gaan werk. Oor die jare het ek toe in verskeie bekende hotelle in bestuursposisies gewerk. 

Ook in ’n paar luukse vyfsterhotelle wat op die strand geleë was en baie eksklusief was. 

Dan was ons gaste eintlik meer buitelanders as plaaslike mense; hulle het ’n baie eksklusiewe hotelervaring gekry. 

Die gaste kon ’n aroma therapy-bad by my bespreek vir die aand. Dan sou ons alles vir hulle regkry. 

Wanneer hulle dan die aand sou terugkeer ná ete, was die bad reg, die verhitte vloere was aan en daar sou sigare en cognac vir hulle wag. 

In daardie tyd wou ek bietjie fiks word en gewig afskud. Ek het twee keer probeer om by hierdie bekende gym naby my huis aan te sluit. 

Maar dit het nooit gebeur nie omdat ek gevoel het die diens was te swak. Dan het ek elke keer net weer daar uitgestap. 

Toe, op ’n dag, lees ek in ’n hoteltydskrif dat die CEO van hierdie einste gym sê hy wil sy gyms bestuur soos ’n vyfsterhotel. 

Toe ek klein was en ons so op vakansie was, het ek gewoonlik ’n straatkat opgetel en in die kar weggesteek tot ek nie meer kon nie en ek vir my pa sou sê om te stop – die kat moet piepie.

Ek dink toe: Soos wat dit nou daar aangaan, gaan dit nooit gebeur nie. Ek skryf toe vir hom ’n brief en sê dit vir hom. 

Later kry ek ’n brief van hom terug waarin hy vir my vra om vir hom te kom werk. En ek het.

Ek gaan bestuur toe daardie gym soos ’n hotel – die personeel maak die mense se waterbottels vol, hulle gesels vriendelik met die mense op die vloer, hulle bied aan om hulle gym-sakke te dra, hulle help die ma’s met hulle kinders, en die ontvangs hanteer jou asof jy pas in ’n hotel ingestap het. Dinge soos daardie het ’n groot verskil gemaak. 

My ma en pa was in hulle 80’s toe ek by hulle in hulle huis in Melkbosstrand ingetrek het. 

Die huis was te groot vir hulle en dit het begin uitmekaarval. Ek wou na hulle kyk omdat hulle so oud was.

Ek trek toe met my twee katte by hulle in. Ek het nog altyd weggooikatte of honde gehad. 

Toe ek klein was en ons so op vakansie was, het ek gewoonlik ’n straatkat opgetel en in die kar weggesteek tot ek nie meer kon nie en ek vir my pa sou sê om te stop – die kat moet piepie. 

Later was my ma en pa so gewoond daaraan dat ek straatdiere huis toe bring, hulle het nie meer kwaad geraak nie. 

My ma word toe gediagnoseer met pankreaskanker. Die bure se wit-en-geel kat, Milo, loop toe elke dag oor en gaan lê by haar. 

Eers het die bure na Milo gesoek en hom elke keer by ons kom haal. 

Maar Milo het altyd terug na my ma geloop waar sy siek in die bed gelê het. Later het hulle aanvaar Milo bly nou by ons. 

gillian van oudtshoorn,hierdie lewe
Die swembad waarin haar pa verdrink het; dis nou ’n speelplek vir haar kattegaste. Foto: John Rodger

Ek glo katte kan troos en hulle prrrr kan ’n mens beter laat voel. My ma het later so siek geword dat sy nie geweet het wat rondom haar aangaan nie, maar sy het steeds net vir Milo aanhou vryf tot die dag wat sy dood is. Sy was 89.

Toe begin Milo by my pa lê. Hy was sielsongelukkig ná my ma se dood. Hulle het mekaar ontmoet toe hulle op skool was en was 76 jaar saam. 

Ek moes toe probeer om hom deur daardie alleengeit te dra. Hy was baie lief vir katte en Milo het hom ook darem gehelp.

Ek het toe begin om katte te foster tot hulle ’n huis kon kry. Dit is baie beter as om hulle in ’n hok in ’n shelter te gaan sit. 

Ek sou na die katte omsien wat weggegooi of beseer is tot die diereorganisasie op die dorp vir hulle ’n ordentlike huis kon kry. 

Ek het na so ses of sewe katte ’n maand omgesien en hulle gehelp rehabiliteer tot hulle reg is vir hulle nuwe gesin. 

Dan kry jy ’n foster fail. Dit is wanneer jy self so lief raak vir die katte, jy neem hulle sommer self aan – dit het al baie met my gebeur. 

Dit was twee jaar gelede, net ná Kersfees, toe stap ek by die huis in. Ek was op verlof en het vinnig winkel toe gery. 

Ek het my pakkies op die kombuiskas gesit. Toe kyk ek op na die CCTV-skerm, en ek sien iets dryf in die swembad se water. En ek dink wat op aarde kan dit wees?

Ek het uitgehardloop, toe sien ek my pa daar dryf. Ek het nie geweet hoe lank hy in die water was nie. 

Later was my ma en pa so gewoond daaraan dat ek straatdiere huis toe bring, hulle het nie meer kwaad geraak nie. My ma word toe gediagnoseer met pankreaskanker. Die bure se wit-en-geel kat, Milo, loop toe elke dag oor en gaan lê by haar.

Ek het geskree en in die swembad gespring. Ek het sy kop probeer oplig, maar hy was te swaar vir my. 

My nutsman was agter besig om die hek reg te maak toe hy my hoor. Hy het aangehardloop gekom, ook ingespring en my gehelp om my pa uit die swembad te kry. 

My pa was dood; hy het verdrink. Toe die polisie na die CCTV-footage kyk, sien hulle my pa was besig om die tuin nat te spuit, maar hy het gesukkel met die pyp. Hy het vooroor gebuk. 

Toe hy weer opstaan, toe val hy agteroor in die swembad in; my pa kon nie swem nie. Hy het probeer om na die wal te gryp. Hy was 92.

Tot vandag toe het ek nie na die foot­age gekyk nie. Ek sal nooit. Ná sy dood was ek stukkend; ek was ’n mess. 

Ek moes nog vir hom suiker gaan koop by die winkel. Ek het bly vra: Wat as ek nie winkel toe gegaan het nie? 

Drie maande later is ek by my werk ge-retrench. Ná 11 jaar. Ek het nie ’n werk, ’n inkomste of ’n pa meer gehad nie. 

Maar ek kon nie net in die bed lê en huil nie, want elke oggend het hierdie katte langs my bed gestaan en vir my gekyk. 

Iemand moes vir hulle kos gee en vir hulle sorg. Ek moes iets doen. 

Ek pak toe al my ma en pa se besittings op en skenk dit vir die welsyn. Ek kry toe ’n kontrakteur om die swembad heeltemal toe te maak. 

Toe begin Milo by my pa lê. Hy was sielsongelukkig ná my ma se dood. Hulle het mekaar ontmoet toe hulle op skool was en was 76 jaar saam.

Want elke keer wanneer ek daar verbyloop, het ek nog my pa sien dryf. Maar toe hulle die water uittap, toe begin die katte daarin speel. 

Hulle het mal gegaan en teen die swembad se mure opgespring. Ek sê toe vir die kon­trakteur: “Change of plans.” 

En ek omskep die swembad in ’n speelplek vir die katte. Ek maak dit toe ’n happy plek. 

Toe maak ek ’n luukse kathotel oop. Mense kan hulle katte hier inboek as hulle met vakansie gaan. 

Elke kamer lyk anders. As dit ’n dogtertjie is, is die kamer pienk; ’n seuntjie, dan is dit blou. 

Ek bestuur dit nes ’n hotel. Elke derde dag word die linne verander. Die katte kry katsand wat van Duitsland af ingevoer is. Net die beste. 

Hulle kry slegs gebottelde water en kry elke dag vars beskuitjies. My gaste eet slegs uit porseleinbakke; hier doen ons niks in plastiek nie. 

Elke aand kry hulle ’n bietjie catnip op hulle bed, soos ’n mens in die hotel ’n laatnag-chocolate op die kussing sal kry. 

Sondae kry hulle ’n spesiale ete: gekookte hoender of vis met mielies en ertjies, sprinkled met ’n bietjie gravy en catnip vir versiering. 

Check-uittye is elfuur soggens om ons kans te gee om die kamer heeltemal te steriliseer voor die volgende gas om tweeuur inkom. 

Dan kry jy ’n foster fail. Dit is wanneer jy self so lief raak vir die katte, jy neem hulle sommer self aan – dit het al baie met my gebeur.

Mense kan vir my ’n foto van hulself ook gee wat ek in ’n raampie in die kat se kamer sal sit terwyl hulle eienaars weg is. 

Het jy al ’n hotel sonder skilderye gesien? Elke kamer het ook ’n klein skildery teen die muur en matte op die vloer. 

Daar is ’n groot speel­area vir hulle om met mekaar te speel en vriende te maak sou hulle wou. 

Die kamers het elk ’n nagliggie sodat hulle nie heeltemal in die donker hoef te slaap nie. 

As ek hoor mense sê ek is die crazy cat lady, is ek trots op dit. Want die katte gee my ’n purpose

Maatskaplike werkers bring soms hulle erg getraumatiseerde kliënte na my sodat hulle net kan sit en die katte borsel.  

Hoe kan ’n mens dink dat om elke dag voor ’n rekenaar te sit en e-posse te beantwoord beter is as om ’n kat se vertroue te wen en hy later toelaat dat jy aan hom mag vat en vir hom sorg? Ek was daar. 

Ek het ’n wonderlike werk gehad en baie bekendes ontmoet. Maar niks is meer satisfying as om na die katte om te sien nie. Want hulle wéét jy het hulle gered, en jy is hulle mens. 

Ek het myself vergewe oor my pa se dood. Maar soms gaan dit nog moeilik. Ek red dalk die katte, maar hulle maak my gesond. 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.