YOGESH ‘YOGI’ GOVAN (47), BARBIER

My pa was al die jare ’n barber. Ek het as klein laaitie op dáái stoel gesit en hom elke dag in hierdie winkel dopgehou. Almal het my pa geken as Harry. 

Ek het dopgehou hoe hy al die manne se hare skeer, nek skoonmaak en baarde trim. Ek het toe al geweet: Ek wil nes my pa wees.

Ons is vier generasies lank almal barbers. My oupagrootjie was ’n barber, my oupa, my pa en nou ek. 

Van 1957 is ons al op hierdie corner. My oupa het dit eers die Tobacco Barber Shop Saloon genoem. 

Later het my pa die winkel oorgeneem en dit verander na Salon Harry. 

Ons is vier generasies lank almal barbers. My oupagrootjie was ’n barber, my oupa, my pa en nou ek.

Hy is in 1989 dood en ek het die barber shop in 1992 oorgeneem. Ek het die naam toe verander na Yogi’s.

Ons was sewe kinders en my ma was erg besig met kinders grootmaak. Sy het altyd vir my pa gesê hy moet my saam werk toe bring. 

Ná skool het ek elke dag na die barber shop geloop, want my pa het alleen gewerk en was te besig om my te kom haal. 

Ek sou hier buite in die straat met my skateboard ry of soms op die bankie aan die slaap raak terwyl my pa hare skeer. 

Later sou hy my wakker maak om huis toe te gaan. 

Baiekeer het ek sit en luister na die kleinstories wat hier rondgeloop het. 

Back in the days kon die manne hier binne sit en rook. En wanneer daardie eerste sigaret aangesteek is, het die skinnerstories begin loop. 

Hulle sou begin met: “Het jy gehoor wat by daardie buurman se huis gebeur het?”

Pa het dan gesê ek moet net daar sit en tjoepstil bly. Dan het ek. Maar dan luister ek die manne af.

Ek het my pa goed dopgehou. Ook wanneer hy met die cash register gewerk het. Ek het agtergekom daar was ’n knoppie wat hy daar onder gedruk het wat die till kon oopmaak.

Back in the days kon die manne hier binne sit en rook. En wanneer daardie eerste sigaret aangesteek is, het die skinnerstories begin loop.

Eendag toe my pa nie gekyk het nie, het ek die knoppie gedruk om ’n 5c daaruit te haal. 

Jy sien, langsaan die shop was ’n ou Portugese winkel met ’n pinball-masjien. 

Eventually kom my pa agter ek is weg en wonder waar ek is. Hy loop toe na die Portugese winkel. 

Ek het lekker gesit en speel, toe voel ek skielik net iemand wat my oor hier agter beetkry en hom draai. Toe weet ek my pa staan agter my.

Kyk teen daardie muur. Daardie wit-swart foto’s. Dáár staan my oupagrootjie. 

Hy het in 1901 van Indië met ’n skip in die Kaap aangekom. Ek gaan lieg as ek sê hoe oud hy was. 

Hy wou ’n beter lewe hê en het gehoor daar is baie opportunities hier.

Toeka se tyd was daar net een barber college: die een waar jou pa jou geleer het. Almal het in Indië geleer. 

Voor die huis, op die stoep, het ons ’n spieël neergesit, en ’n stoel. 

En die seun het gekyk hoe die pa die manne skeer en later het hy saam met sy pa gewerk.

Ek kry nog die koerant vir die manne om te lees, daar staan ’n lekker gumball-masjien en hier is old school lekkers wat ons vir die laaities gee as hulle stilsit in die stoel.

My oupa kom toe in 1929 ook oor met die skip van Indië. Hy maak toe die eerste winkel oop in die Kaap. 

Maar daar was iets soos die Group Areas Act, en Indiërs kon nie op enige plek werk nie. 

Hulle skop my oupa toe uit die winkel, en in 1957 maak hy toe hierdie corner barber shop oop.

Dié was toe op die “regte plek”. Dit was jare lank eers ’n non-whites barber shop, maar in die 1970’s het wit mense na ons begin kom om hul hare te sny.

My pa was omtrent 18 toe hy in die Kaap kom om my oupa te help. Ná my oupa se dood het hy die barber shop oorgeneem. 

My pa het aanhou werk tot sy dood. En toe vat ek die shop oor.

Ek is hartseer ek kon nooit saam met my pa werk of dat hy kon sien wat ek met sy shop gedoen het nie. 

Ek probeer steeds alles old school doen soos my pa dit gedoen het. 

Ons werk net met walk-ins; geen afsprake word gemaak nie. 

Ek kry nog die koerant vir die manne om te lees, daar staan ’n lekker gumball-masjien en hier is old school lekkers wat ons vir die laaities gee as hulle stilsit in die stoel.

'As jy van min af kom en jy het nou 'n klein bietjie meer, dan is dit baie'

Dis nie net die vroue wat in salonne sit en uitpak nie. Mans praat absolutely met die barber

Ouens sal in die stoel kom sit en begin praat oor hul werk en probleme by die huis en raad soek. 

Hulle is ’n halfuur in daardie stoel en hulle weet die barber moet luister. 

As daar iets op sy bors is, moet hy praat. En wanneer die man hier uitstap, dan voel hy ’n bietjie beter. 

Ou mense wat alleen by die huis is, kom ook hierheen om te praat. 

Of ’n jong outjie het ’n nuwe meisie ontmoet en soek raad oor wat om op die date te doen. Dan gee ons almal hom advice

Aan die ander kant kry jy die corporate ouens wat ’n groot meeting gehad het en die ou se kop is seer. 

Hy sê hy gaan sy oë net ’n bietjie toemaak, dan weet jy hy wil rus en jy moenie met hom praat nie.

Trevor Noah was hier so vyf jaar gelede voor hy in die USA bekend geword het. 

Funny enough, hy het nie jokes gemaak nie. Hy was baie ernstig. Ons het saam hom gepraat, gedink hy gaan grappies gooi, maar hy was professioneel gewees. 

Trevor Noah was hier so vyf jaar gelede voor hy in die USA bekend geword het.

Hy het ’n lekker masjien-cut gekry, voorste deel ’n bietjie ge-trim

Baie mense vra waarom ek nie meer winkels oopmaak nie, franchises, jy weet. 

Ek kom van swaarkrytye. Ons was so baie kinders, my ma het nie gewerk nie en my pa was die enigste persoon in die barber shop. 

As jy van min af kom en jy het nou ’n klein bietjie meer, dan is dit baie. Dit is genoeg. Ek wil nie meer hê nie; ek is content

Ek is al 15 jaar getroud. My vrou se naam is Moxi. Ek is verskriklik lief vir haar. Sy het eers in Johannesburg gebly. 

My skoonsuster het haar geken en gesê ek moet die meisie begin bel. So het ons vir lank elke aand oor die huisfoon met mekaar gesels. 

Ek het ge-like van briefies skryf; ek het vir haar sulke lang briewe geskryf. 

Sy raak toe lief vir my op die foon. Later kom kuier sy vir my in die Kaap. 

Ek het vir haar vertel ek het ’n praktyk, ek dra ’n wit jas en is ’n millionaire. Sy het gedink ek is ’n skatryk dokter. 

Toe ek haar die eerste keer na die barber shop bring, was sy heel deurmekaar. 

Toe begin sy lag. Is jy dan ’n millionare? het sy my gevra. Ek wys haar toe al die hare op my arm en sê: “Ja, ek het ’n million hair!”

Ek trek toe my white barber coat aan en sê: “Welcome to my practice!”

Toe begin sy lag. Is jy dan ’n millionare? het sy my gevra. Ek wys haar toe al die hare op my arm en sê: “Ja, ek het ’n million hair!” 

Sy klap my toe, maar op ’n mooi manier. Sy lag haarself toe stukkend en ons trou toe ’n jaar later.

Ons het ongelukkig nie kinders nie. Die customers vra my gereeld wat van die shop gaan word. 

Almal vra of daar ’n vyfde generasie gaan wees. Dit sal so lekker wees as hy gebore is. 

Ek sê jou, ek sal nie vir hom ’n rattle gee nie; ek sal sommer vroeg-vroeg vir hom ’n haarmasjien gee.

Ons hoop nog elke dag op ’n kind.